Materiaal gebruik: 2 x 100g Elle Pure Gold Dubbeldraad en 5mm hekelpen
Begin met 40ks
| Patroon van naby gesien. [Klik om te vergroot] |
Ry 1: 1lb in 4e ks vanaf pen; 1lb in elk van vlg 2 ks; * 1ks; slaan 1 ks oor; 1 lb in elk van vlg 3ks * herh tot einde van ry; draai
Ry 2: 3ks, 1lb in elk van vlg 2 lb; * 1ks; 1lb in elk van vlg 3lb; * herh tot einde van ry; draai
Herhaal ry 2 totdat 90 rye voltooi is of totdat serp 1,15 meter lank is.
Knip draad maar los 'n gedeelte lank genoeg om die laaste en eerste ry aanmekaar vas te werk. Heg af.
Ek wil ook 'n spesiale dankie sê vir Suzaan wat model gespeel het vir die foto. :)
Lekker hekel almal!
