Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.
Showing posts with label beanie. Show all posts
Showing posts with label beanie. Show all posts

Gratis Patroon en Tutoriaal: Hekel hierdie maklike Mussie!


Blou mussie gehekel met Vinnis Nikkim katoen
Grys mussie gehekel met Elle Pure Gold DK
Gekleurde mussie gehekel met Elle Family Knit DK 

Materiaal gebruik: 1 x 100g Pure Gold Dubbeldraad in kleur Silver en 4mm hekelpen
Grootte: Gemiddelde grootte vir volwassene

Begin met 4ks en gs om ring te vorm
Ry 1: 3ks,  werk in ring die vlg * 1hlb, 1ks *; herh vanaf * tot * nog 8 keer; gs terug in 3ks sp


Ry 2: 4ks, 1hlb in vlg 1ks sp; * 2ks, 1hlb in vlg 1ks sp * herh vanaf * tot * nog 7 keer; 2ks en gs in 3ks sp [daar is 10 spasies]


Ry 3: 3ks, 2lb in dieselfde sp, * 1ks, 3lb in vlg sp * herh vanaf * tot * tot einde van rondte en werk 3lb in die laaste sp, 1ks, gs in boonste punt van 3ks

Ry 4:  2ks, 1hlb in elk van vlg 2lb; * 1hlb in vlg 1ks sp, 1hlb in elk van vlg 3lb * herh vanaf * tot * en wanneer jy by die laaste sp kom werk 1hlb in die 1ks sp, gs in die 2e ks

Ry 5:  4ks, * 1lb tussen vlg 2hlb, 1ks * herh vanaf * tot * vir die res van die rondte en gs in die 4ks sp [Daar is 40 spasies]

Ry 6:  3ks; * werk in die vlg sp soos volg: [1lb, 1ks, 1lb]; 1lb in vlg sp; * herh vanaf * tot * tot einde van rdte en eindig die ry met [1lb, 1ks, 1lb] in die laaste sp; gs in die 3ks sp


Ry 7:  gs in die vlg 1ks sp; 4ks; 1lb in dieselfde sp; * slaan vlg lb oor; 1lb in vlg lb, slaan vlg lb oor en werk in die vlg 1ks sp die vlge: [1lb, 1ks, 1lb]; herh vanaf * tot * en eindig die ry met 1lb in bo-punt van 3ks; gs in die 4ks sp

Ry 8: 4ks; 1lb in dieselfde sp; * slaan vlg lb oor, 1lb in die vlg lb; slaan vlg lb oor en werk in die vlg 1ks sp die vlge: [1lb, 1ks, 1lb] * herh vanaf * tot * tot einde van ry en eindig met 1lb in die laaste lb, gs in die 4ks sp

Ry 9 - 20: Herhaal ry 8

Ry 21: 1ks, kb in dieselfde sp; * 1ks, 1kb tussen vlg 2 lb, 1ks, 1kb in vlg 1ks  sp * herh vanaf * tot * tot einde van rdte en eindig met gs in die 1e ks. Heg af


Weef alle los drade weg. 

Daar is ook 'n tutoriaal vir die blommetjie wat hier gekry kan word. 



En op 'n bitter koue en sopnat dag hier in die Kaap groet ek tot volgende keer
Warm bly en lekker hekel!