Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Tutoriaal: Leer hoe om die Hoek tot Hoek Kombers te hekel!


 Begin in een hoek en eindig weer met 'n hoek! 

Hierdie patroon is 'n wonderlike patroon om te gebruik vir komberse, blokkies en sjaals. Dit hekel verbasend vinnig en is boonop baie makliker as wat dit voorkom. Dit word vanaf die een hoek na die ander hoek gehekel in rye. Vir hierdie tutoriaal maak ek 'n vierkantige blokkie om te wys hoe die patroon werk en  ek is seker sodra jy jou blokkie voltooi het sal jy verstaan hoe dit vergroot kan word na enige grootte. Jy kan 'n vierkant doen, 'n reghoek of 'n driehoek en alles sal duideliker word soos  jy hekel. Een ding is verseker en dit is dat hierdie patroon  beslis 'n wenner sal wees vir daardie lekker hekel aande wanneer jy nie wil konsentreer met 'n ingewikkelde patroon nie. Dit is 'n patroon vir sommer net lekker kuier, klets en hekel!


Materiaal gebruik: Pure Gold Chunky 
5mm Hekelpen




Ry 1: Begin met 6ks, 1lb in 4e ks vanaf pen, werk nou 1 lb in elk van vlg 2 oorblywende ks, draai [daar is 1 blokkie in hierdie ry]












Ry 2: 6ks, 1lb in 4e ks vanaf pen, 1lb in elk van vlg 2 ks, vou nou die blokkie op sodat dit langs die eerste ry se blokkie lê en werk 'n gs in die ks sp soos aangedui op foto,








 werk 3ks en 3lb in dieselfde sp, draai



In die foto links kan drie blokkies gesien word. Onder links lê die eerste blokkie wat gewerk is in die eerste ry. Die tweede ry se blokkies lê afsonderlik een aan die regterkant van eerste blokkie en een aan bokant. 
         








Ry 3: 6ks, 1lb in 4e ks vanaf pen, 1lb in elk van vlg 2ks, gs in vlg ks sp,









3ks en 3lb in dieselfde sp, gs in vlg ks sp,














werk nou 3ks,









en werk dan 3 lb in dieselfde sp, draai [daar is 3 blokkies in hierdie ry]













Deur na die foto links te kyk kan jy sien hoe die rye in die skuinste lê. Die begin is die heel onderste punt en met elke nuwe ry is daar een ekstra blokkie.

Goed kom ons begin met ry 4.

Ry 4: 6ks,




1lb in 4e ks vanaf pen, 1lb in elk van vlg 2ks, gs in vlg ks sp,











3ks en 3lb in dieselfde sp, gs in vlg ks sp, 3ks en 3lb in dieselfde sp, gs in vlg ks sp,


3ks en 3lb in dieselfde sp, draai [daar is 4 blokkies in hierdie ry]


Hierdie stappe word eenvoudig herhaal. Daar sal met elke nuwe ry 1 ekstra blokkie wees. Hekel totdat die verlangde lengte bereik is en dan begin ons verminder. Ek het 6 rye gehekel en toe begin verminder. 





Wanneer jy met 'n nuwe kleur wil begin doen dit aan die einde van 'n ry. Wanneer jy by die heel laaste langbeen van 'n ry kom werk die langbeen tot 2 lusse op pen is en trek dan die nuwe kleur deur die 2 lusse.

Die nuwe kleur is geheg en daar kan nou voortgegaan word om die ry te voltooi.





Indien jy 'n sjaal wil hekel dan sal dit nie nodig wees om te verminder nie. Dit beteken jy gaan slegs die stappe soos bo volg totdat dit die verlangde grootte is.

Indien jy 'n vierkant wil hekel gaan jy aan albei kante tegelykertyd begin verminder. Dit beteken jy gaan dan glad nie meer 'n ry begin met 6 ks nie maar elke keer terug glipsteek tot by die volgende kettingsteek spasie.

Indien jy 'n reghoek wil hekel vir byvoorbeeld 'n kombers gaan jy slegs aan die een kant, die breedte van kombers begin verminder maar nog steeds aan die ander kant vermeerder tot die verlangde lengte bereik is en dan kan daar aan albei kante verminder word.

Die stappe om te verminder is dan soos volg:

Vermindering van rye:






Gs terug tot in die vlg ks sp, * werk in dieselfde sp 3ks en 3lb, gs in vlg ks sp en herhaal van * tot in die heel laaste ks sp, draai.


Deur elke keer terug te glipsteek stop die vermeerdering.




Dit word herhaal vir elke verminderings ry totdat daar weer net een blokkie is in die ry. Heg af. 









Opsomming van patroon: 

Die kombers word groter deur  altyd 6ks  te maak aan die begin van 'n nuwe ry. Elke 6ks wat gemaak word beteken daar word met elke ry een ekstra blokkie bygevoeg. Sodra die verlangde breedte of lengte van projek bereik word moet daar nie meer 6ks gemaak word aan die begin van 'n nuwe ry nie. Dan begin elke ry  deur terug te glipsteek tot in die volgende kettingsteek spasie, met ander woorde deur te glipsteek tot by die volgende blokkie. Dan word 3 kettingsteke en 3 langbene in daardie selfde kettingsteek spasie gemaak om die eerste blokkie van 'n ry te  voltooi.


Foto aan linkerkant:

Blokkie gehekel in veelkleurige draad.

Foto aan linkerkant:

My eerste groot blok voltooi. Ek het besluit om my kombers te hekel in blokke. Ek weet nog nie presies hoe ek dit aanmekaar gaan sit nie en speel nog met 'n paar idees. Hierdie blok is lekker groot 45x45cm en dit is regtig verbasend hoe vinnig hierdie patroon hekel. 





Lekker hekel almal!
Hekel groete



15 comments:

  1. Hi Monica

    Ek wil net hoor of ek reg verstaan, 3ks en 3lb in spasie.... maar ek sien net 3 lang bene in spasie? verstaan ek reg of is daar 4 lb in spasie?

    Hakkel Groete

    ReplyDelete
    Replies
    1. Daar is 3lb in elke spasie. Die 3ks word gemaak na elke gs in die spasie.

      Jy verstaan reg! :)

      Delete
  2. Hi begin jy rye verminder na di 6de ry?ek verstaan ni so leker di verminder van rye ni mut jy glipsteek in al 3 glipsteek spasies wat aan gedui word of enige een ek dun dit mar my rye word net nogsteeds meer en ek sit ni 6 keting steke aan

    ReplyDelete
  3. Voltooi 7 rye. Aan die einde van die 7de ry maak jy nie 6ks nie. Draai en glipsteek deur die 3langbene totdat jy weer by 'n 3ks spasie kom en begin jou volgende groepie van daar af werk.

    ReplyDelete
  4. Baie baie danki dit help baie nou kan ek weer aan gaan mwah

    ReplyDelete
  5. Ina Greyling Hawes8 January 2014 at 19:38

    Hi Monica
    Dankie vir die patroon. As ek dubbeldraad elle gebruik, dan kan ek seker 'n 4.50mm naald of 'n 5.00mm naald gebruik? Ek kan ook seker die kombersie vir 'n dogtertjie in die Elle family knit dk kleur snowflake maak en nie noodwendig in meer as een kleur nie of sal jy 'n afwisseling van plein wit en plein pink aanbeveel. Baie dankie Ina Greyling Hawes (Facebook profiel)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Ina,

      Die hekelpen grootte wat gebruik moet word kan gesien word op die etiketband wat om die wol is. Vir Elle dubbeldraad word 'n 4mm hekelpen aanbeveel. Jy kan dit in net een kleur maak as jy wil Ina maar pink met wit sal ook baie mooi lyk. Wat jy ookal besluit dit is 'n baie lekker patroon en sommer vinnig ook om te hekel.
      Groete
      Monica :)

      Delete
  6. Ek het 'n gier gekry om weer te begin hekel. So tussen my serwery op die net kom ek op die patroon van jou. Dis nou 'n interesante patroon wat lekker maklik en gemaklik is om te doen.
    Baie dankie vir die patroon. :-)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Plesier, dankie vir die kuiertjie hoor! :)

      Delete
  7. Hi Monica. Laat weet my hoe jy jou blokkies aanmekaar gaan sit asseblief. Ek maak blokkies met 2 kleure vir 'n matjie. Baie dankie.

    ReplyDelete
  8. Hi. Ek wil net gou hoor, kan mens n enkelbed kombers met die patroon aaneen hekel of moet mens blok vir blok hekel? Dis die eerste keer wat ek die patroon regkry en ek hekel nou maar net aaneen maar is nie seker hoeveel hoeke daar moet wees tot dit genoeg is vir enkelbed nie. Groete Elzane

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Elzane,

      Jy kan een groot kombers aaneen hekel. Jy sal dwarsdeur 'n driehoek sien totdat jy die breedte van jou kombers bereik het en daarna gaan jy net eenvoudig begin verminder. Hoop dit help. Dit is sommer baie maklik en sal meer sin soos jy vorder met jou kombers. Geniet dit!
      Groete
      Monica

      Delete
  9. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete
  10. Hi dankie vir die patroon, my eerste knieekombersie gemaak. Dit was sommer Maklik nadat ek patroon baas geraak het, ek leer nou nuut hekel baie dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Hendrina, Baie bly jy kon die aanwysigings goed gebruik. Mooi daggie en lekker hekel! Monica :)

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica