Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.
Showing posts with label dubbelblaar blom. Show all posts
Showing posts with label dubbelblaar blom. Show all posts

Hoe om 'n Blommetjie met 12 Blaartjies te hekel.

 
 

Begin met 'n garesirkel. Kom ek wys gou vir die van julle wat nie weet wat 'n garesirkel is nie hoe om te werk te gaan.

Maak jou eerste begin-stekie op jou pen deur 'n glipknoop te maak en die hekelpen daardeur te steek.  Maak nou 'n sirkel met die kortste deel van die draad. Dit vorm die ring of sirkel waarin die eerste ry gewerk word. 

 

Ry 1: 12kb in die sirkel; neem nou die kort draad en trek. Die sirkel trek na mekaar toe sodat al die kb netjies bymekaar kom, ss in 1e kb. Sukkel jy met die sirkel? Begin dan met 5ks, ss om ring te vorm en werk 12 kb in ring.



Ry 2: 1kb in die vlg kb, *2ks, slaan een kb oor, 1kb in vlg kb, herhaal vanaf * tot einde van die ry, ss in die eerste kb (daar moet ses 2ks spasies wees)

Ry 3: *gs binne in vlg 2ks sp; werk nou soos volg in spasie: (2ks,3lb,2ks,ss in dieselfde sp)* herhaal van * tot * in die oorblywende 5 spasies 





Ry 4: (3ks,1kb in kb wat oorgeslaan is van ry 2(dit is in blou gedruk sodat julle presies weet van watter steek gepraat word); 3ks, maak nou 'n kb om die been van die kb in ry 2. (Steek die hekelpen van agter na voor en om die kb van ry 2 en weer na agter soos op die volgende twee fotos geillustreer word; herhaal die stappe tot aan die einde van ry; (twaalf 3ks spasies)



 


Ry 5: Werk nou in elk van die 12 spasies soos volg: *gs binne in vlg 3ks sp; (2ks,3lb,2ks,ss in dieselfde sp)* herhaal van * tot * in die oorblywende 3ks spasies tot einde van ry, ss en heg af.



Ta da! 'n Dubbelblaar Blom! 


 Hoop julle hekel ruikers vol blomme! 
Mooi dag vir almal

*Regstelling: Vingerfout het ingesluip. Let asseblief daarop dat ss moet lees gs = glipsteek.*