Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.
Showing posts with label ontwerp. Show all posts
Showing posts with label ontwerp. Show all posts

Lekker 'Chunky' Hoedjie.

Lekker vinnige gehekelde hoedjie!




Ek het hierdie week gou-gou hierdie lekker 'chunky' hoedjie aanmekaar geslaan gedurende my etensuur by die werk. Ek het so gedeelte van 'n bolletjie Elle Pure Gold Chunky wol ontdek en maar gehoop dit sou genoeg wees vir 'n hoedjie. Ek het wol kort gekom en kon nie weer van dieselfde 'lot' kry nie en daar was een enorme kleur verskil wat my toe die idee gegee het om dan maar 'n blom te hekel wat albei die 'lotte' insluit en nou lyk dit darem nie te sleg nie. Ek sal een of ander tyd moet gaan sit en die patroon neerskryf  want ek is nogal tevrede met die uitkoms. Ek het sommer so op intuisie gehekel en elke ry maar beplan soos dit kom. Dit sal my kos en hekel nog een sodat ek kan sien wat ek gedoen het. :)
Dit is gelukkig net die laaste twee rondtes wat 'n ander kleur skakering is en as ek die hoedjie se randjie omvou lyk dit asof dit so moet wees. Die blom is los so ek kan besluit of ek die blom wil dra of nie.
Lekker hekel en groete!

Granny Square en Seshoeke.

Die afgelope week was vriesend koud en ek het myself in die aande besig gehou met 'n hekelwerkie op die skoot.

 

 Ek het onder andere vir myself 'n lekker warm hoedjie gehekel deur 10 "ouma blokkies" [Granny Squares] aanmekaar vas te werk. Die boonste deel bestaan uit 'n ronde motief wat ek gehekel het. Ek het die twee gedeeltes aanmekaar gehekel met slipsteke. Die hoedjie lyk baie oulik met sy omgevoude rand onder en is ook heerlik warm! 






My Seshoekige Motief



Ek is ook besig om hierdie kombersie te hekel wat bestaan uit 'n seshoekige ontwerp. .



Ek hou daarvan om altyd so paar ekstra motiewe te hekel tot by die voorlaaste rondte. Wanneer ek die laaste rondte doen heg ek dit met 'n slipstekie in die ooreenstemmende motief van die kombersie en sodoende groei my kombersie en die beste van alles is ek het geen los drade wat vir my loer nie want ek doen die weg werk van die drade soos ek my motiewe hekel. 







Tot volgende keer dan.....
Lekker hekel!