Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.
Showing posts with label hekel oortreksel. Show all posts
Showing posts with label hekel oortreksel. Show all posts

Hekel 'n Hartjie

 Gehekelde Hartvorm.



Benodighede: 

  • Prestia Jollycast of Gips
  • Hartvormige gietvorm
  • Water
Bo-kant
Onderkant






Meng bietjie water met Jollycast of Gips tot vloeibaar. Die mengsel moet  loperig genoeg wees sodat dit maklik kan giet. As ek dit in makliker terme kan uitspel: soos pannekoek beslag! Laat eenkant tot behoorlik geset.

Nou kan jy jou hekelpen en wolletjies naderskraap en 'n oortrekseltjie hekel. Ek het begin met 'n sirkel en sommer so met meet en pas vermeerder volgens die hart se vorm. 

Hekel twee kante, plaas hartjie tussen jou motiewe en werk aanmekaar vas. 

'n Vinnige dekoratiewe artikel om te maak. Dit kan ook baie nuttig wees vir 'n deurstop of bo op 'n lessenaar vir al die papiere wat wil wegwaai. 


Op so 'n koue en winderige Kaapse dag dan tot later almal!





Warm bly en lekker hekel!





Jassie vir 'n koue blikkie!

Het jy dalk iewers 'n blikkie wat jy bietjie wil opkikker? Kyk wat het ek met my blikkie gedoen!

 



Ek het 'n oortreksel gehekel en dit versier met knope, felt, kant en natuurlik ook 'n bietjie "bling"! 




Ek het die ou blikkie as geskenk gekry by 'n vriendin 'n paar jaar terug en is mal daaroor  maar die blik is so koud en ek hou nie van die gevoel van die koue blik elke keer as ek daaraan vat nie en het besluit om dit bietjie op te dollie. Ek het 'n houer gesoek vir my penne wat ek gebruik in my joernale en almal pas perfek hierin. 





 


Die binnekant het ek uitgevoer met velt of is dit felt of dalk filt? (krap my kop) Anyhoooo... ek dink dit is beter as ek 'n prentjie wys van wat ek gedoen het aan die binnekant :)







 Kyk dan nou net! Ek dink dit lyk alte fraai! Het ook sommer aan 'n versie gedink wat pas by die blikkie. (Ek moet net noem dat die versie sommer so tong in die kies versie is hoor!) :)

 Ode aan 'n ou stukkie blik. 

Noem my funky noem my mooi 
want ek is in hekelwerk getooi

Noem my ongewoon of bedoel jy kitsch
wel miskien  is jy net 'n bitch!


Mooi bly almal en lekker week vir julle!