Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Jassie vir 'n koue blikkie!

Het jy dalk iewers 'n blikkie wat jy bietjie wil opkikker? Kyk wat het ek met my blikkie gedoen!

 



Ek het 'n oortreksel gehekel en dit versier met knope, felt, kant en natuurlik ook 'n bietjie "bling"! 




Ek het die ou blikkie as geskenk gekry by 'n vriendin 'n paar jaar terug en is mal daaroor  maar die blik is so koud en ek hou nie van die gevoel van die koue blik elke keer as ek daaraan vat nie en het besluit om dit bietjie op te dollie. Ek het 'n houer gesoek vir my penne wat ek gebruik in my joernale en almal pas perfek hierin. 





 


Die binnekant het ek uitgevoer met velt of is dit felt of dalk filt? (krap my kop) Anyhoooo... ek dink dit is beter as ek 'n prentjie wys van wat ek gedoen het aan die binnekant :)







 Kyk dan nou net! Ek dink dit lyk alte fraai! Het ook sommer aan 'n versie gedink wat pas by die blikkie. (Ek moet net noem dat die versie sommer so tong in die kies versie is hoor!) :)

 Ode aan 'n ou stukkie blik. 

Noem my funky noem my mooi 
want ek is in hekelwerk getooi

Noem my ongewoon of bedoel jy kitsch
wel miskien  is jy net 'n bitch!


Mooi bly almal en lekker week vir julle!


1 comment:

  1. Baie dankie vir die wonderlike hekelblad. Het dit ontdek en ek geniet dit vreeslik. Dankie vir die patrone.

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica