Omgehekelde randjies vir lappies, kombersies, spoegdoekies, waslappe en nog baie meer!
Hier is my tegniek om 'n randjie om te hekel. Dit kan gebruik word op enige materiaal want die basis ry word gedoen deur heel eerste 'n kombers steek om te werk en dan die randjie te hekel. Die kombers steek vertoon mooi en is uitstekend om te gebruik wanneer die materiaal baie dig geweef is en dit moeilik is om 'n hekelpen deurgesteek te kry.
Ek gebruik Elle Crochet no 5 wat 'n sagte Akriel gare is en 'n 2mm hekelpen. Gebruik 'n skerp naald met 'n lang oog. 'Chenille' naalde is ideaal hiervoor want die gare kan maklik deur die naald se oog gesteek word.
Hoe om kombers steek te werk.
Eerste ry van randjie.
Afhangende van hoe vêr die komberssteke van mekaar lê word nou 1ks of 2ks gemaak. My komberssteke is naby aan mekaar dus het ek net 1ks gebruik. Daar gaan nou 'n langbeen gewerk word in elke lus van die komberssteek en tussen elke langbeen word die aantal kettingsteke gewerk wat nodig is.
My patroon loop soos volg: Begin groep is gewerk en daarna [1ks,1lb,1ks,1lb] herhaal tot by volgende hoek en werk in hoekspasie [3lb,2ks,3lb]
Tweede ry van randjie:
| Klik op foto om te vergroot. |
Werk 'n begingroep: [3ks,2lb,2ks,3lb]
2ks, slaan 3lb oor, kb in vlg sp, * 2ks, slaan vlg sp oor, 4lb in vlg sp, 2ks, slaan vlg sp oor, kb in vlg sp, * herhaal van * tot * tot by volgende hoek, 2ks, slaan 3lb oor en werk hoekgroep [3lb,2ks,3lb]
Herhaal die stappe tot einde van rondte en gs in 3e ks. Heg af.
