Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.
Showing posts with label hexagon. Show all posts
Showing posts with label hexagon. Show all posts

Projek 'Hexagon' is klaar!

 Hexagon motiewe in vars blomme kleure. Romanties, sag op die oog en heerlik warm.

  

Kleurryke blomme om die winter op te warm!





Ek het my 'hexagon throw' klaar gehekel hierdie week en is baie bly nog 'n projek is voltooi.

Niks is mooier as hekelwerk nie!










Die plan was oorspronklik om dit te maak vir my bed maar ek het besluit dat ek net die wol wat ek nog oor het gaan opgebruik en dan stop want ek jeuk om 'n ander een te begin met 'n idee wat ek in my kop het. 

Dit lyk nogal mooi oor my slaapbank en helder ook sommer die hoekie van die huis mooi op.


Tot volgende keer!
Groete

Granny Square en Seshoeke.

Die afgelope week was vriesend koud en ek het myself in die aande besig gehou met 'n hekelwerkie op die skoot.

 

 Ek het onder andere vir myself 'n lekker warm hoedjie gehekel deur 10 "ouma blokkies" [Granny Squares] aanmekaar vas te werk. Die boonste deel bestaan uit 'n ronde motief wat ek gehekel het. Ek het die twee gedeeltes aanmekaar gehekel met slipsteke. Die hoedjie lyk baie oulik met sy omgevoude rand onder en is ook heerlik warm! 






My Seshoekige Motief



Ek is ook besig om hierdie kombersie te hekel wat bestaan uit 'n seshoekige ontwerp. .



Ek hou daarvan om altyd so paar ekstra motiewe te hekel tot by die voorlaaste rondte. Wanneer ek die laaste rondte doen heg ek dit met 'n slipstekie in die ooreenstemmende motief van die kombersie en sodoende groei my kombersie en die beste van alles is ek het geen los drade wat vir my loer nie want ek doen die weg werk van die drade soos ek my motiewe hekel. 







Tot volgende keer dan.....
Lekker hekel!