Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Tutoriaal: Hoe om 'n Ierse Roos te hekel



Ierse rose is een van daardie gehekelde blomme wat oral te sien is. Dit versier haarbande, handsakke, komberse en bly immermooi en gewild. Kom ek wys julle hoe maklik dit is om jou eie Ierse Rose te hekel.














Begin met 4 kettingsteke[ks] en glipsteek[gs] om 'n ring te vorm


Ry 1: 6 kortbene[kb] in ring, gs in 1e kb

Ry 2: 4ks, 1kb in vlg kb, *3ks, kb in vlg kb* herhaal vanaf * tot * nog 3 keer, 3ks gs in 1e 4ks sp [6 ks sp]


Ry 3: Werk in dieselfde spasie soos volg: *[2ks, 3lb, 2ks, gs terug in dieselfde sp],  gs in die vlg sp,* herh vanaf  * tot *  in elk van die  3ks spasies












Ry 4: *4ks, 1gs om die stam van die kb wat in ry 2 gemaak is deur die hekelpen van agter af vorentoe en weer na agter om die stam van die steek te druk, slaan die draad om die pen en trek dit deur aan die agterkant deur albei lusse op hekelpen * herhaal van * tot * tot einde van ry [6 4ks spasies]



Ry 5: Gs in vlg ks sp en werk  soos volg: *[2ks, 4lb, 2ks, gs terug in dieselfde sp],gs in die vlg sp,* herh vanaf * tot * in elk van die 3ks spasies, gs in heel eerste gs. Heg af  








Dit is dan die Ierse Roos!









En op 'n baie reenerige en koue dag hier in die Kaap groet ek tot volgende keer. 




Lekker hekel!
 

7 comments:

  1. Hi Monica, baie dankie vir hierdie ierse roos patroon! Net wat ek nodig het om my ierse vriendin se ronde kussing mee op te kicker!!
    Lekker dag vir jou xox

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Christene,

      Baie bly jy kan die patroon gebruik en ek is seker jou vriendin gaan baie bly wees oor haar kussing.

      Mooi bly
      Monica :)

      Delete
  2. Jy het 'n pragtige blad! ek soek al lankal idees!

    Baie dankie
    Petra

    ReplyDelete
  3. Hi Monica, baie dankie vir al jou pragtige idees! Ek kyk na hul almal, maar skuldig wnt ek se nooit iets nie! Baie dankie!!! Ek ht ook vir jare nie gehekel nie (kan al van kleins af - my ouma ht my geleer) en ht so paar mnde terug weer begin - kan my eie gaai skop dat ek so lank gewag ht he he. Lekker Sondag vir jou - na kerk loer ek verder. Anna v Biljon x

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie vir die boodskappie Anna!

      Delete
  4. Dagse Monica, jou Ierse roos is perfek en jou netjiese aanduideings kan nie beter nie. Die duidelike fotos help natuurlik baie. Soos dit nou maar met my gaan, het ek opgeeindig met 7 blare in die blom en wou toe mos nie uittrek nie. My seweblaarblom lyk nou vir my baie mooi en ek gaan daarby hou! Ek het vierdraadgare en 3.5 mm naald gebruik. Dis lekker om soveel patroon-idees in Afrikaans te kry. Ek geniet jou blog baie.
    Groetnis.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Joletta,

      Dankie vir jou boodskappie. Dit maak nie saak hoeveel blare jou blom het nie, dit is nog steeds 'n blom en ek is seker met sewe blare lyk dit pragtig!

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica