Begin in een hoek en eindig weer met 'n hoek!
Materiaal gebruik: Pure Gold Chunky
Ry 1: Begin met 6ks, 1lb in 4e ks vanaf pen, werk nou 1 lb in elk van vlg 2 oorblywende ks, draai [daar is 1 blokkie in hierdie ry]
Ry 2: 6ks, 1lb in 4e ks vanaf pen, 1lb in elk van vlg 2 ks, vou nou die blokkie op sodat dit langs die eerste ry se blokkie lê en werk 'n gs in die ks sp soos aangedui op foto,
werk 3ks en 3lb in dieselfde sp, draai
In die foto links kan drie blokkies gesien word. Onder links lê die eerste blokkie wat gewerk is in die eerste ry. Die tweede ry se blokkies lê afsonderlik een aan die regterkant van eerste blokkie en een aan bokant.
3ks en 3lb in dieselfde sp, gs in vlg ks sp,
werk nou 3ks,
en werk dan 3 lb in dieselfde sp, draai [daar is 3 blokkies in hierdie ry]
Deur na die foto links te kyk kan jy sien hoe die rye in die skuinste lê. Die begin is die heel onderste punt en met elke nuwe ry is daar een ekstra blokkie.
Goed kom ons begin met ry 4.
Ry 4: 6ks,
1lb in 4e ks vanaf pen, 1lb in elk van vlg 2ks, gs in vlg ks sp,
3ks en 3lb in dieselfde sp, gs in vlg ks sp, 3ks en 3lb in dieselfde sp, gs in vlg ks sp,
3ks en 3lb in dieselfde sp, draai [daar is 4 blokkies in hierdie ry]
Hierdie stappe word eenvoudig herhaal. Daar sal met elke nuwe ry 1 ekstra blokkie wees. Hekel totdat die verlangde lengte bereik is en dan begin ons verminder. Ek het 6 rye gehekel en toe begin verminder.
Wanneer jy met 'n nuwe kleur wil begin doen dit aan die einde van 'n ry. Wanneer jy by die heel laaste langbeen van 'n ry kom werk die langbeen tot 2 lusse op pen is en trek dan die nuwe kleur deur die 2 lusse.
Die nuwe kleur is geheg en daar kan nou voortgegaan word om die ry te voltooi.
Indien jy 'n sjaal wil hekel dan sal dit nie nodig wees om te verminder nie. Dit beteken jy gaan slegs die stappe soos bo volg totdat dit die verlangde grootte is.
Indien jy 'n vierkant wil hekel gaan jy aan albei kante tegelykertyd begin verminder. Dit beteken jy gaan dan glad nie meer 'n ry begin met 6 ks nie maar elke keer terug glipsteek tot by die volgende kettingsteek spasie.
Indien jy 'n reghoek wil hekel vir byvoorbeeld 'n kombers gaan jy slegs aan die een kant, die breedte van kombers begin verminder maar nog steeds aan die ander kant vermeerder tot die verlangde lengte bereik is en dan kan daar aan albei kante verminder word.
Die stappe om te verminder is dan soos volg:
Vermindering van rye:
Gs terug tot in die vlg ks sp, * werk in dieselfde sp 3ks en 3lb, gs in vlg ks sp en herhaal van * tot in die heel laaste ks sp, draai.
Deur elke keer terug te glipsteek stop die vermeerdering.
Dit word herhaal vir elke verminderings ry totdat daar weer net een blokkie is in die ry. Heg af.
Opsomming van patroon:
Die kombers word groter deur altyd 6ks te maak aan die begin van 'n nuwe ry. Elke 6ks wat gemaak word beteken daar word met elke ry een ekstra blokkie bygevoeg. Sodra die verlangde breedte of lengte van projek bereik word moet daar nie meer 6ks gemaak word aan die begin van 'n nuwe ry nie. Dan begin elke ry deur terug te glipsteek tot in die volgende kettingsteek spasie, met ander woorde deur te glipsteek tot by die volgende blokkie. Dan word 3 kettingsteke en 3 langbene in daardie selfde kettingsteek spasie gemaak om die eerste blokkie van 'n ry te voltooi.
Foto aan linkerkant:
Blokkie gehekel in veelkleurige draad.
Foto aan linkerkant:Foto aan linkerkant:
Blokkie gehekel in veelkleurige draad.
My eerste groot blok voltooi. Ek het besluit om my kombers te hekel in blokke. Ek weet nog nie presies hoe ek dit aanmekaar gaan sit nie en speel nog met 'n paar idees. Hierdie blok is lekker groot 45x45cm en dit is regtig verbasend hoe vinnig hierdie patroon hekel.
Lekker hekel almal!
Hekel groete
