Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Gratis Patroon: Sirkel Serp


Materiaal gebruik: 2 x 100g Elle Pure Gold Dubbeldraad en 5mm hekelpen

Begin met 40ks
Patroon van naby gesien. [Klik om te vergroot]







Ry 1: 1lb in 4e ks vanaf pen; 1lb in elk van vlg 2 ks; * 1ks; slaan  1 ks oor; 1 lb in elk van vlg 3ks  * herh tot einde van ry; draai

Ry 2: 3ks, 1lb in elk van vlg 2 lb; * 1ks; 1lb in elk van vlg 3lb; * herh tot einde van ry; draai

Herhaal ry 2 totdat 90 rye voltooi is of totdat serp 1,15 meter lank is.

Knip draad maar los 'n gedeelte lank genoeg om die laaste en eerste ry aanmekaar vas te werk. Heg af.

Ek wil ook 'n spesiale dankie sê vir Suzaan wat model gespeel het vir die foto. :)


Lekker hekel almal!



3 comments:

  1. Jou hekelidees is baie interessant,kan nie wag om Kersgeskenke te begin hekel nie

    ReplyDelete
  2. Hi Monica, kan jy my asb verduidelik hoe om 'n nuwe bol wol te heg aan die hekelstuk waarmee ek besig is? Ek is 'n beginner, en nie seker hoe om dit te doen sodat dit netjies vertoon nie?

    ReplyDelete
  3. Hi Tessa,

    Wanneer jy met 'n nuwe kleur wil begin doen dit soos volg: Wanneer jy by die heel laaste langbeen in kleur A werk, hekel die langbeen tot 2 lusse op pen is en trek dan die nuwe kleur deur die 2 lusse in plaas van om die langbeen te voltooi met Kleur A.

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica