Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Hekel Tutoriaal: 2-kortbene in plaas van 3-kettingsteke: 'n Nuwe Tegniek?



Skewe, onegalige, gaterige, knopperige langbeen rye? Met hierdie tegniek sal jy nooit weer sukkel om langbeenrye netjies en reguit te hekel nie!

Goeiemiddag liewe lesers,

Die afgelope week het ek verskeie navrae gekry van nuwe hekelaars wat swoeg en sweet om daardie verdekselse langbeenrye netjies te kry.

Ons leer dat 3 kettingsteke die 1e langbeen vervang reg? Jip, dit is een honderd persent reg, maar doen ons dit so dan sit ons met gate waar ons nie gate wil hê nie en dit lyk sommer slordig ook. Ek het al voorheen hieroor geblog en het al 'n alternatiewe metode in die verlede gebruik. Julle kan hier gaan lees hoe ek dit in die verlede gedoen het. Dit was 'n verbetering op die tradisionele manier maar dit was nog nie perfek nie.

Ek het  google ingespan om te gaan kyk of daar nie iewers 'n perfekte oplossing is nie.  Daar is 'n  paar oulike idees op internet oor hoe om die probleem op te los en ek het ook op 'n  paar oulike videos afgekom. Gewapen  met my wolletjie en hekelpen het ek  gesit en hekel terwyl en na al die videos gekyk het. Nadat ek almal probeer het was ek  egter nog nie oortuig dat ek die antwoord gekry het nie. Daar moes  'n manier wees om dit anders te doen as al die metodes wat ek gesien het. 

Ek sit nog so en hekel en lostrek en hekel en lostrek toe ek meteens iets doen wat uiteindelik perfekte sin maak en whala! Die oplossing en resultaat waarna ek gesoek het! Ek dink nie enige iemand het hierdie metode al gebruik nie. Ek het oral gesoek en dit was beslis nie op enige webblad wat ek gesien het nie.  Dit is natuurlik moontlik dat so iets wel bestaan maar nie waarvan ek weet nie. 

Nietemin wil ek dan ook graag hierdie metode van my met julle almal deel en hoop dit sal julle ook kan help in die vervolg. Met hierdie metode wil ek dit amper waag om te sê jy hoef  nooit weer 3 kettingsteke te gebruik om die eerste langbeen in 'n ry te vervang nie. Hekel net eenvoudig 2 kortbene bo-op mekaar! 

Kom ek wys julle hoe!

Begin deur 'n aantal kettingsteke te maak en hekel soos normaalweg die eerste ry langbene.








In die volgende 2 fotos kan duidelik gesien word waar die heel laaste 2 langbene van hierdie ry gewerk moet word. Dit is baie belangrik om nie die heel laaste langbeen te vergeet nie en dit is ook die meeste van die tyd die oorsaak dat werk skeef trek.... die heel laaste steek is nie gewerk nie. Indien jy die 2-kortbeen metode gaan gebuik sal hierdie die enigste ry wees waar daar in die bo-punt van die 3 kettingsteke gewerk gaan word. Hierna sal daar aan elke einde van 'n ry 'n kortbeen wees wat duidelik gesien kan word en dit sal sake sommer heelwat vergemaklik!


 
Deur van die 2-kortbeen metode gebruik te maak in plaas van 3kettingsteke-draai in die begin van die ry vertoon die werk sommer baie beter dink ek!



Ek sal graag wil hoor wat julle dink. Probeer dit en laat weet my of dit vir julle ook werk. Ek sal terugvoer baie waardeer.
Wonderlike daggie vir julle almal!
Lekker hekel!


11 comments:

  1. Dit werk baie goed, baie dankie!!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Plesier, dankie vir jou boodskap Daisy. :)

      Delete
  2. Baie bdankie Monica, ek gaan beslis probeer.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Hendrina, Dankie vir die inloer. Hoop dit werk ook vir jou. :)

      Delete
  3. Hij staat nu ook op een Nederlandse facebook haak pagina. Dus jouw idee wordt nu wereldwijd gelezen :-) Ik ga het beslist proberen. Ik vind het heel leuk om het Zuid Afrikaans te lezen. Ik kan het echt goed volgen :-)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hoi Ingrid! Dankie vir jou besoek. Dit is lekker om besoekers vanaf Nederland ook te kry. Bly jy geniet die Afrikaans en kan dit ook goed volg.
      Mooi dag vir jou.
      Monica :)

      Delete
  4. Vanuit Nederland, dank je Monica. Het ziet er erg mooi uit!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie vir die boodskappie. Waardeer die inloer hier op my blog. :)

      Delete
  5. Dit klink baie logies, dankie!

    ReplyDelete
  6. Hallo, ek het nounet op jou blogspot afgekom en ek is so bly! Mal oor jou mooie hekelwerk. Gaan definitief daardie mooi sak probeer hekel.

    ReplyDelete
  7. Baie dankie vir die wenk! Gaan dit beslis so doen!

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica