Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Tutoriaal: Hoe om reguit rye in langbene te hekel sonder gate!

 Reguit langbeen rye sonder opsigtelike gate aan die begin van rye. 


Sukkel jy om jou sye reguit te hou wanneer jy langbene in rye hekel? 

Is daar onooglike en opsigtelike gate aan die begin van jou rye?


Indien enige van hierdie vrae jou al hoofbrekens besorg het hoef jy nie verder daarmee te sukkel nie. Kom ek wys jou my manier om die sye reguit en sonder gate hekel.


Ons het geleer dat drie kettingsteke 'n langbeen vervang en moet gemaak word wanneer ons met 'n nuwe langbeen ry begin,maar wanneer jy dan draai en jou volgende steek in die tweede langbeen maak veroorsaak dit dat jou eerste en tweede langbeen nie netjies langs mekaar staan nie. Daar vorm 'n baie opsigtelike spasie wat regtig nie mooi vertoon nie.


Hier is 'n toets-strook wat ek so gehekel het. Let wel dit is nie verkeerd nie en dit is hoe ons geleer is om dit te doen en meeste patrone en tutoriale sal dit ook so beskryf en illustreer. 

Soos ek reeds genoem het is dit korrek wanneer jy dit so doen, maar korrek beteken nie altyd dit kan nie verbeter word nie.

Ek het so deur my hekeljare 'n beter manier gekry om dit te doen. Dit word nerens so aangedui nie en dit is my eie manier. Jy kan dit ook so doen of hou by die manier wat jy geleer is. Ek verkies egter my manier omdat dit nie so 'n opsigtelike spasie maak aan die begin van rondtes nie en my tegniek verleen hom daaraan toe dat my sye ook netjieser vertoon. Dit is my mening en julle mag maar verskil of dalk weet jy van 'n ander manier om dit te doen. Hoe dit ookal sy, ek wil net graag my manier met almal deel.





Hier is my demonstrasie strook wat ek stap vir stap met julle sal deurgaan




 
Begin met 13ks

Ry1: 1lb in die 4e ks vanaf pen, 1lb in elk van die vlg 10 oorblywende ks, draai sonder om enige kettingsteke te maak







Ry2:gs in 1e lb,









 2ks, 1lb in elk van vlg 9lb,
















Werk nou die heel laaste lb in die 2e ks en nie in die bo-punt van die 3ks nie, draai sonder om enige kettingsteke te maak









Ry 3 is die laaste stap en stel die res van die steke in plek. Van hier af word al die rye op hierdie manier gedoen.

Ry 3: gs in 1e lb,[soos voorheen verduidelik] 2ks, 1lb in elk van vlg 9lb, werk nou  die heel laaste langbeen in die heel eerste ks van die draai-kettingsteek en nie in die bo-punt van die draai-kettingsteke nie.




Wanneer ek hierdie laaste steek maak trek ek my langbeen draadjie so effens langer as normaal. Die uiteinde is 'n netjies syrand en geen opsigtelike gate nie.



In die boonste foto kan die verskillende tegnieke duidelik gesien word. Die strook aan die linkerkant is volgens my eie tegniek gehekel en die strook aan die regterkant is volgens hekelboeke se aanwysings gedoen.

Dit voltooi my aanwysings! Hoop dit los menige probleme op vir julle. 

Lekker hekel!

10 comments:

  1. Ek het sommer hierdie op my hekelblad geplaas - baie dankie vir die tegniek :)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie vir die kuiertjie Jolindy en vir die deel van my tegniek. :)

      Delete
  2. jou blog is skitterend! Het nooit geweet om langbene so te hekel nie!
    Marietjie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie vir jou boodskappie en vir die kuiertjie hier. :)

      Delete
  3. Dankie baie dat jy jou slim idee met ons deel. Dit laat die werk soveel netjieser vertoon.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Bly jy kan die tegniek gebruik Annali. :)

      Delete
  4. Baie dankie, ek leer nou hekel, en het gedink ek doen iets verkeerd, dat my rye langbene so vol gate is en skeef lyk:)

    ReplyDelete
  5. Dankie. Ek hekel al vir baie lank my laaste been in daai 1ste ks en nou gaan ek daai begin glip ook probeer.

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica