Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Hekel Idee: Kleurvolle Granny!

Speel met kleur en hekel 'n Granny met woema!




Dagsê almal!

Hier is vir julle 'n inspuiting kleur om 'n vaal dag op te kikker!

Hier het ek vier gewone Ouma blokkies gebruik en 'n randjie omgehekel met 'n blom motief in die middel. Die kleure is soos volg:

  • Blokkie links bo is Pure Gold Phlox met Honey in die middel.
  • Blokkie regs bo is Pure Gold Clover met Terracotta in die middel
  • Blokkie links onder is Pure Gold Azzure met Blossom in die middel.
  • Blokkie regs onder is Pure Gold Chilli met Soft Moss in die middel.
  • Eerste rand ry is gedoen met Family Knit Aqua.
  • Laaste ry om rand is gedoen met Family Knit Violet.
  • Die blom is begin met Clover. 2e ry is Chilli. 3e ry is Terracotta. 4e Ry is Aqua en laaste ry is weer Azzure. 
Soos julle kan sien het ek 'n hele paar sterk kleure gebruik met 'n paar sagte kleure om balans te bring. Ek is mal oor kleur en glad nie bang om sterk kleure te gebruik in my hekelwerk nie. Ek hoop dit inspireer julle om ook te speel met kleurkombinasies.

Die blom is sommer so uit die kop gehekel en ek het ongelukkig nie die patroon neergeskryf nie maar enige blom sal mooi vertoon.



 Die Ierse rose of Blommetjie met 12 blare is twee blomme wat ideaal sal wees. 



 Lekker speel en 'n kleurvolle dag vir julle almal!

Hekelgroete!

No comments:

Post a Comment

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica