Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Kuiergas #8: Margo Mullineux

Ons kuier vandag by Margo Mullineux!



Vertel ons asseblief wie jy is en vanwaar.


Margo: Ek is oorspronlik van Vereening , daar gebore en groot geword. Ons is nou 17 jaar in Kaapstad en woon in Milnerton. Ek is 34 jaar getroud met Mike en ons het 2 twee seuns Michael en Kevin en ‘n drie jarige  blou-oog kleindogter  Jemma.


Ons is almal saam in familie besigheid wat nou gespruit het na 3 en vir ons baie besig hou. Ek hanteer die administratiewe sy van die besighede en die drie mans spook sake uit in die fabrieke.

Hoe lank hekel jy al? 


Margo: Ek het altyd plat op die vloer gesit en groot-oog gekyk hoe my Ouma se vlytige vingers hekel. Sy het my die basiese hekel geleer en vandaar het ek verder uit boeke geleer. So, ek hekel van ongeveer die ouderdom van 13 jaar.


Het jy 'n gunsteling wol of gare waarmee jy graag  hekel?

Margo:  Tridalia is my gunsteling hekel gare en dan hekel ek ook graag met Elle wol.

Enige gunsteling items om te hekel?


Margo: Hierdie dae is kombers hekel my absolute gunsteling. Dit gee my so ‘n warm gevoel van prestasie en sukses wanneer die kombers klaar is en ek dink dat die groot item met ‘n enkele steek begin het.


Hoeveel tyd kry jy om te hekel?

Margo:  My hekel tyd is bitter beperk en ek wens ek kon meer tyd hieraan spandeer. Op hierdie stadium hekel ek elke aand vir so twee of drie ure……. Dit is soos terapie na ‘n dag se stress en harde werk.

Hoekom dink jy is hekel nou weer so gewild?

Margo:  Hekel werk is lankal nie meer die stywe doilies wat in Ouma se huis gepryk het nie. Vandag is dit ‘n groot mode “moet hê” item vir oud en jonk. Hekel werk het ‘n tekstuur en karakter wat geen itiem wat uit ‘n fabiek kom, kan namaak nie.


Enige gunsteling kleure waarmee jy graag hekel?

Margo:  Wit met een of twee kontrasterende kleure is my gunsteling. Ek hou van die netjiese skoon voorkoms van die eind produk.

Is hekel slegs 'n stokperdjie of hekel jy en verkoop jou items?

Margo:  Hekel is my een van my gunsteling stokperdies en tot dusver het ek nog nie enige items verkoop nie. Dit vind altyd 'n paadjie na 'n familie lid se huis. Maar ek sal graag wil verkoop. 

Dit was lekker om Margo te leer ken en  haar pragtige hekelwerk te bewonder. Baie dankie dat jy dit met ons gedeel het Margo! 

Tot volgende keer lesers!
Hekelgroete

2 comments:

  1. Margo,ek is gek oor die "hoek tot hoek" kombers. Met hoeveel bolle wol het jy die kombers gemaak? Dis baie mooi

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Elna, Ek het Margo gevra en hier is haar antwoord:

      As ek reg onthou het ek ongeveer drie, miskien 4 pakke (10 per pak) Elle Family Knit 4 ply gebruik.
      Ek het die kombers vir 'n "Queen size" bed gehekel.
      Wens ek kan in die gewoonte kom om boek te hou van die hoeveelheid wol wat ek vir 'n item gebruik.

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica