Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Kuiergas #6: Adele Marais

Ontmoet Adele Marais van Pretoria! Ons kuier hierdie maand so bietjie by haar en bewonder haar pragtige hekelwerk.

 
 Vertel ons asseblief wie jy is en van watter dorp jy is. 


Ek is Adele Marais en woon nog my hele lewe lank in Pretoria

      Hoe lank hekel jy al Adele?

Ek hekel nou so min of meer 3 1/2 jaar lank.

 Wie het jou geleer hekel?
 
Ek het myself met youtube videos  en van internet tutorials af leer hekel..

       Het jy 'n gunsteling wol of gare waarmee jy graag hekel?

Ek hou van verskeidenheid maar One of a Kind,  Vinnis, Elle Gold en King Cole is van my gunstelinge.

    Watter items is jou gunsteling artikels om te hekel?

Ek hou hier ook van verskeidenheid! Ek hekel graag komberse, doilies, en serpe.




    Hoeveel tyd kry jy om te hekel?

Ek het glad nie ‘n huishulp nie en ons is 5 grootmense in die huis, so my huishoudelike pligte meng ernstig in met my hekeltyd maar ek maak tyd elke dag!  Die strykwerk lê soms ‘n dag of drie maar niemand kla nie! Ek hekel graag terwyl ek TV luister!


  
     Hoekom dink jy is hekel nou weer so gewild?

Vrouens is van nature kreatiewe skepsels en ons hou almal daarvan om ons hande besig te hou. Moderne hekelwerk gee kleur en styl en kikker onmiddelik enige vertrek op!



  Enige gunsteling kleure waarmee jy graag hekel?

Ek is mal oor enige kleur! Van geel tot pers. Ek probeer soms prakties wees en kleure gebruik wat in my huis sal pas.



Is hekel slegs 'n stokperdjie of hekel jy en verkoop jou items?

Dit is hoofsaaklik ‘n stokperdjie. Ek hekel en skryf ook so nou en dan ‘n patroon vir  One of a Kind se asemrowende wolle!     








     Is daar enige iets wat jy wil byvoeg waarin die lesers sal belangstel? Vertel ons meer.






Ek het nog nooit gevoel dat ek regtig genoeg talent het om skeppend te wees nie, maar hekel het my lewe verander! Skielik voel ek dat ek ook kreatief kan wees en items kan maak wat vir my (en vir die mense om my) mooi is. 











Ek het die wonderlikste vriendinne gemaak wat my hekelpassie deel en verstaan!  Ek geniet elke oomblik!


 



Baie dankie vir jou wonderlike bydrae Adele!  Ek dink almal sal saamstem dat Adele se hekelwerk  pragtig en kreatief is. Ons het lekker gekuier en tot volgende keer groet ek dan nou eers. 

Lekker hekel almal! 

2 comments:

  1. Adele is een van die eerste hekel-vriendinne wat ek ontmoet het, en sy is my groot kleur-inspirasie. Alles wat sy maak, is mooi.

    ReplyDelete
  2. Hi gee jy om om daai blou, rooi, groen ens kombers se patroon met ons te deel?

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica