Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Tutoriaal: Hoe om 'n spiraal te hekel met 2 kleure.


Kom ons hekel 'n spiraal!







Ry 1: Begin met rooi draad en maak 'n garesirkel. Maak 1ks, werk nou in ring die vlg: [1kb, 2hlb, 2lb,]. Verwyder die hekelpen uit die laaste lus van lb wat gewerk is. Neem nou die blou draad en heg draad in ring langs die laaste lb wat gewerk is en werk 1ks, 1kb, 2hlb, 2lb] 

Verwyder pen uit lus en trek die rooi draad se beginpunt sodat die sirkel na mekaar toe trek om 'n ring te vorm. Die steke trek na mekaar toe en sal teenoor mekaar lê soos op die foto gesien kan word. 





Ry 2: Plaas hekelpen terug in rooi draad en werk nou oor die blou steke soos volg:  2lb in die  kb, 2lb in elk van die vlg 2hlb, 2lb in elk van vlg 2lb, verwyder pen en haak die blou draad. 



Werk nou met die blou oor die rooi steke soos volg: 2lb in kb, 2lb in elk van vlg 2hlb, 2lb in elk van vlg 2lb, werk nou 2lb in elk van die oorblywende rooi  langbene.








Verwyder die pen en neem nou weer die rooi draad. 





Ry 3: Werk nou weer oor die blou steke soos volg: *1lb in vlg lb, 2lb in vlg lb,* herh tot einde van ry en verwyder pen uit rooi draad. Haak weer die blou lus. 


Tip: 
[Onthou wanneer 'n patroon lees 2lb in vlg lb beteken dit  vermeerder in vlg lb en daar kan ook verwys word soos volg: 2lb tes in vlg lb]  




Herhaal deur nou met die blou lus weer oor die rooi steke te werk. Daar word nou weer 'n herhaling gedoen tot die einde deur  1lb in vlg lb, 2lb in vlg lb te werk tot einde. 






Om die sirkel te voltooi neem die rooi lus en werk 1hlb in elk van vlg 2lb, 1kb in vlg lb en gs in vlg lb. Heg af.  




Neem die blou draad op pen en werk nou oor die rooi steke soos volg: 2lb in hlb, 1lb in vlg hlb, 2lb in vlg kb, 1lb in gs, 1lb in dieselfde sp waar die rooi draad se gs gewerk is, 1hlb in elk van vlg 3 steke, 1kb in elk van vlg 2 steke, gs in vlg steek en heg af. 









Indien jy jou sirkel groter wil maak word daar in elke ry geleidelik vermeerder deur elke keer een steek ekstra tussen die vermeerderings te hekel. Die rye sal dus vanaf ry 4 soos volg lees:
Ry 4: [2lb, 2lb tesame in vlg lb] herhaal tot einde van ry
Ry 5: [3lb, 2lb tesame in vlg lb] herhaal tot einde van ry
Ry 6: [4lb, 2lb tesame in vlg lb] herhaal tot einde van ry
Ry 7: [5lb, 2lb tesame in vlg lb] herhaal tot einde van ry

Soos julle kan sien word een ekstra steek tussen die vermeerderings met elke ry bygewerk.  

Hier volg 'n paar idees oor hoe om die spiraal te gebruik in 'n ontwerp: 


  1. Gebruik T- draad en hekel 'n spiraal mat.
  2. Gebruik twee verskillende teksture wol vir 'n treffende ronde kussing.
  3.  'n Lekker dik katoendraad in twee kleure sal 'n pragtige  potte staander maak.
  4. Gebruik 'n dunner katoen vir vatlappies.  
Lekker hekel almal!

No comments:

Post a Comment

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica