Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Tutoriaal: Hoe om blokkies aanmekaar te hekel: Glipsteek Metode.

Hierdie metode is veral geskik vir blokkies wat in die laaste ry bestaan uit 'n ry kortbene, halwe langbene of langbene of enige blokkies wat in die laaste ry geen spasies bevat nie.

Glipsteek Metode: So maak jy:


Korreksie: Blokkies word met verkeerde kante
na buite geplaas. Die glipsteek word aan die ver-
keerde kant van werk gedoen dus moet die regte
kante na mekaar toe wys. 












Aan die voorkant lê al die voorste lusse teen mekaar.

Die res van die blokke word presies op dieselfde manier aanmekaar gehekel soos met die vorige tutoriaal waar gewys is hoe om vas te hekel met kortbene. Die enigste verskil is dat daar aan die agterkant van die blokke gewerk word en 'n glipsteek word gebruik in plaas van 'n kortbeen. Daar word met die glipsteek metode ook slegs in die buite lusse van steke gewerk en nie deur albei nie. Wanneer daar oorbeweeg word na die volgende twee blokke wat vasgehekel word kyk hoe dit in die kortbeen metode verduidelik is deur dadelik oor te beweeg na die volgende twee blokke ens. 

Lekker hekel!


1 comment:

  1. Baie dankie vir pragtige aanwysings. Waardeer dit baie!!

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica