Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Tutoriaal: Tunisiese Hekel: Heuningkorf Steek [Honeycomb Stitch]



 Die Tunisiese Heuningkorf steek is 'n kombinasie van 2 steke, die Tunisiese Steek [Tst] en die Tunisiese Aweregs Steek [Tast].

Vir hierdie tutoriaal gaan ons weereens begin deur 'n 21 kettingsteek strook te hekel. Werk 'n optel en terugwerk ry soos gewoonlik wat dan ook die  basisry vorm. Indien jy nie weet hoe om dit te doen nie kan jy hier sien hoe dit gedoen word.

Goed, kom ons begin nou met die Heuningkorf patroon.

Ry 1: 

Stap 1:

Draad aan agterkant van werk en maak 1 Tst. Dit beteken steek pen deur vertikale lus, haak draad en trek deur.


Stap 2:

Bring draad na die voorkant.









Werk 1 Tast. Dit beteken steek pen deur vertikale lus, neem draad om die steek, haak draad en trek deur lus.

Stap 3:

Draad aan agterkant van werk. Maak weer een Tst.

Stap 4:

Draad aan voorkant van werk en maak een Tast.
Stap 5:

Draad is aan die agterkant van werk. Maak een Tst.


Verstaan julle hoe die patroon werk. Dit is net 'n herhaling van Tunisiese steek en Tunisiese Aweregs steek met ander woorde die patroon is soos volg:
* 1 Tst, 1 Tast *; herhaal vanaf * tot * tot aan die einde van die ry

Wanneer jy die ry klaar gewerk het doen weer 'n terugwerk ry deur slegs 1 lus af te werk in die begin en daarna word twee-twee lusse afgewerk totdat daar weer 1 lus oor is op die pen.
 Ry 2: 

Ons het die eerste ry begin deur in die heel eerste lus 'n Tst te werk. In die 2e ry gaan ons nou begin deur 'n Tast in die eerste lus te maak en in die tweede lus werk ons dan 'n Tst. Dit word deurgaans herhaal wat beteken die patroon lees in die tweede ry soos volg:

*1 Tast, 1Tst * herhaal vanaf * tot * tot einde van ry.




Herhaal hierdie twee rye soos bo bespreek vir die Tunisiese Heuningkorf steek.

In die foto links dui die kolletjies elke Tast aan en julle sal merk dat die twee steke maklik uitkenbaar is. Die Tst het 'n reguit vertikale balkie en die Tast vorm 'n horisontale knoppie.
 Hier begin die 3e ry dan met 'n Tst.
Die tweede steek van die 3e ry is 'n Tast.









Die patroon vir die Heuningkorf steek lees dus soos volg:


Werk die basis ry en volg dan die volgende instruksies 

Ry 1:  Optel ry:  [1 Tst, 1 Tast]; herhaal tot einde van ry. Werk steke terug.

Ry 2: Optel ry: [1 Tast, 1 Tst]; herhaal tot einde van ry. Werk steke terug.

Herhaal ry 1 en 2.


'n Baie maklike en pragtige patroon en een van my gunstelinge wanneer ek Tunisiese Hekelwerk doen. 

Lekkker hekel almal!





No comments:

Post a Comment

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica