Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Tutoriaal: Tunisiese Hekel Aweregs Steek

Die Tunisiese Aweregs Steek [Tast]

 
Tunisiese Aweregs Steek



Voordat ons met die Tunisiese Aweregs steek begin kom ons kyk net weer na die begin kettingsteek strook. 

Begin altyd die eerste ry deur die strook om te draai en dan deur die lusse wat effens na bo wys te werk. Die lusse is gemerk met 'n swart kolletjie in die foto aan die linkerkant en die foto links onder dui die plek aan waar die hekelpen ingesteek moet word.














Hier kan die verskil duidelik gesien word. Die steke aan die linkerkant van die swart lyn is gewerk deur die onderste lusse en die steke aan die regterkant is aan die voorkant gewerk. 




Dit verleen 'n baie netjiese en meer elastiese beginry wat presies dieselfde vertoon as die laaste ry. 








Die heel eerste ry word altyd terug gewerk soos enige ander ry deur die eerste lus af te werk en daarna twee, twee lusse tot een lus oor is op die pen. 







Goed kom ons begin met die eerste Tunisiese Aweregs steek. 








Bring die draad na voor en steek pen van regs na links deur die vertikale balk.








Neem die draad nou om die pen na agter en slaan die draad  om  pen en trek deur die steek op pen.



Dit voltooi die eerste aweregs steek.

Bring die draad weer na die voorkant en steek pen deur die volgende lus. Neem die draad om na agter en slaan om pen. Trek draad deur die steek op pen.








Herhaal die stappe en onthou om die laaste steek altyd deur die 2 laaste lusse te werk.



Merk dat die draad weereens aan die voorkant van die werk is voordat die pen deur die laaste 2 lusse gesteek word. Die steek word dan presies verder gedoen soos reeds verduidelik maar word deur albei lusse getrek wat op pen is.

 Dit is dan die Tunisiese Aweregs Steek. Volgende keer wys ek julle hoe om die Heuningkorf steek te maak!

Lekker hekel!

No comments:

Post a Comment

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica