Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Hoohoo die uil.

Hoohoo die wyse ou uil is vandag gebore en hier is 'n foto van hom. Ek het hom gemaak met 'n veelkleurige dubbeldraad wol en nommer 4mm hekelpen. Sy halfmas ogies bestaan uit felt en knopies en hy sit hier vir my en kyk. Ek het 'n patroon geskryf vir hom wat binnekort beskikbaar sal wees.


Tot volgende keer lekker week vir julle almal!

Jassie vir 'n koue blikkie!

Het jy dalk iewers 'n blikkie wat jy bietjie wil opkikker? Kyk wat het ek met my blikkie gedoen!

 



Ek het 'n oortreksel gehekel en dit versier met knope, felt, kant en natuurlik ook 'n bietjie "bling"! 




Ek het die ou blikkie as geskenk gekry by 'n vriendin 'n paar jaar terug en is mal daaroor  maar die blik is so koud en ek hou nie van die gevoel van die koue blik elke keer as ek daaraan vat nie en het besluit om dit bietjie op te dollie. Ek het 'n houer gesoek vir my penne wat ek gebruik in my joernale en almal pas perfek hierin. 





 


Die binnekant het ek uitgevoer met velt of is dit felt of dalk filt? (krap my kop) Anyhoooo... ek dink dit is beter as ek 'n prentjie wys van wat ek gedoen het aan die binnekant :)







 Kyk dan nou net! Ek dink dit lyk alte fraai! Het ook sommer aan 'n versie gedink wat pas by die blikkie. (Ek moet net noem dat die versie sommer so tong in die kies versie is hoor!) :)

 Ode aan 'n ou stukkie blik. 

Noem my funky noem my mooi 
want ek is in hekelwerk getooi

Noem my ongewoon of bedoel jy kitsch
wel miskien  is jy net 'n bitch!


Mooi bly almal en lekker week vir julle!


Projek 'Hexagon' is klaar!

 Hexagon motiewe in vars blomme kleure. Romanties, sag op die oog en heerlik warm.

  

Kleurryke blomme om die winter op te warm!





Ek het my 'hexagon throw' klaar gehekel hierdie week en is baie bly nog 'n projek is voltooi.

Niks is mooier as hekelwerk nie!










Die plan was oorspronklik om dit te maak vir my bed maar ek het besluit dat ek net die wol wat ek nog oor het gaan opgebruik en dan stop want ek jeuk om 'n ander een te begin met 'n idee wat ek in my kop het. 

Dit lyk nogal mooi oor my slaapbank en helder ook sommer die hoekie van die huis mooi op.


Tot volgende keer!
Groete