Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Wys ons jou hekelwerk.

Ek beplan al lankal om 'n "Spogblad" oop te maak en toe woon Melanie Human so rukkie terug een van my Tunisiese klasse by en raai net wat haal sy uit haar sak om vir my te wys? 'n Kussing oortreksel waarmee sy besig is. En die patroon wat sy gebruik is toe so welliswaar my patroon wat ek hier op my blog geplaas het. Ek was so in my skik om dit te sien en net daar en dan het ons ooreengekom dat sy vir my fotos sal stuur sodra sy klaar is sodat ek dit vir almal kan wys.

Hier is my oorspronklike patroon!
En hier is Melanie se weergawe!
Dit is wonderlik om te sien hoe die kussing vertoon in die groene en roesrooi kleur wat Melanie gekies het. Haar kussing is vir my pragtig!


 En die agterkant lyk net so mooi!


Hout knope! 



Hiermee wil ek dan ook almal uitnooi om vir my fotos te stuur van enige item wat gehekel is vanaf 'n Tutoriaal of Patroon wat ek hier op Hekel Idees geplaas het. Ek gaan 'n afdeling oopmaak met die naam "Spogblad" en sal die fotos daar plaas soos wat ek dit ontvang. Dit behoort baie interessant te wees om te sien hoe elke persoon se skepping lyk. Hoe lyk dit? Hierdie is jou kans om jou hekelwerk hier te plaas.  Ek sal ook seker maak dat jou naam by elke foto geplaas word.

Onthou net asseblief die Spogblad wys slegs fotos van items wat gehekel is met patrone of tutoriale wat hier op Hekel Idees gekry is.

Moenie skaam wees nie!  Stuur daardie fotos en spog so bietjie! :)

Hekelgroete

No comments:

Post a Comment

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica