Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Tunisiese Hekel klas, Moedersdag en Hanlie se Kombers.

Goeie dag liewe lesers,

Ek hoop dit gaan sommer baie goed met almal en dat al die Moeders bederf is vandag!

Vanoggend het my dogter hierdie pragtige bos geel rose vir my gebring. Die pragtige goudgeel gesiggies bring ook sommer 'n tikkie sonskyn hier binne in die huis.

In 'n geskenk pakkie het ek ook 'n lekker paar pantoffels, 'n heerlike sjokolade asook 'n ietsie wat lekker ruik en wat goed is vir die lyf gekry. En die woorde "Oneindig lief vir Mams" op die kaartjie. En ook 'n telefoon oproep van my seun wat te vêr is op by my te wees maar wat net wil sê hy is lief vir my. Dit is al wat enige Moeder nodig het. Om te weet haar kinders is lief vir haar. :)





En hier is die fotos van die Tunisiese klas gister oggend by The Crafters Inn. Ons het heerlik gekuier. Ek het   4 verskillende steke gedemonstreer en elkeen het  blokkies gehekel om die steke te oefen. Daar is geleer hoe om te verminder en te vermeerder.  'n Paar tips is gegee oor kleure verander en daar is ook gepraat oor ekstra tegnieke. Hier onder is Sharloom, Hanlie en Anje besig om te konsentreer en hulle het nie eens agtergekom ek neem 'n foto nie.  


Hier onder is 'n kombers wat Hanlie gehekel het. Sy was ook in een van  my meer gevorderde hekel klasse en hierdie kombers is die resultaat daarvan. Pragtig  Hanlie!  Baie dankie dat jy my toelaat om dit met almal hier te deel! 


Ek wens almal 'n wonderlike week toe. 'n Week van heerlike hekel en lekker gesellige aande met 'n hekelwerkie op die skoot.

Warm bly almal!
Tot volgende keer
Lekker hekel almal!

1 comment:

  1. Goeie more

    Ek is opsoek na 'n lekker hiekel groepie waar ek kan inskakel, ek bly in pretoria-oos kan jy my dalk help

    Groete

    Sabrina

    r

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica