Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

10 Hekel Motiewe: Romantiese Ontwerpe

My heel eerste digitale eboekie is nou beskikbaar!



Die boekie bevat 10 hekel motiewe en daar is 22 bladsye. Elke patroon is duidelik saamgestel met volkleur fotos en illustrasies en is so geskryf dat selfs die groentjie kan saamhekel.

Die boekie word in PDF formaat beskikbaar gestel en word gestuur via epos op dieselfde dag nadat bewys van betaling daarvan ontvang is. Dit geld slegs vir PDF boekies en nie boekies wat eers gedruk en gepos moet word nie. Omdat drukkers kostes hoog is word boekies slegs op aanvraag gedruk. daar slegs gedrukte boekies aangebied vir die eerste 10 bestellings.

Ek aanvaar geen aanspreeklikheid vir die aflaai, lees en uitdruk van die dokument nie. Maak dus asseblief seker dat jou rekenaar wel PDF dokumente kan lees voordat enige aankope gedoen word. 

*Indien jy nie 'n rekenaar tot jou beskikking het nie kan ek die boekie hier by my laat druk en dit aanstuur met gewone pos. Posgeld asook drukkers kostes sal dan bygereken moet word wat beteken die boekie sal duurder wees. Die drukkers kostes is hoog en word in kleur gedoen wat beteken indien die boekie gedruk en gepos word sal die prys R100,00 beloop.  * Die gedrukte boekie  aanbod is net geldig tot 28 April 2014 waarna slegs PDF's aangekoop kan word.*

Ek het maande gewerk hieraan en elke patroon is oor en oor gehekel om te verseker dat alle aanwysings korrek is. 
Die prys is R50,00 wat beteken  dat elke patroon slegs R5,00 kos!

Vir verdere besonderhede kontak my gerus deur die "kontak my" vorm wat bo aan hierdie bladsy verskyn in te vul. Stuur asseblief jou naam en epos adres deur na my en dui aan dat jy belangstel om die boekie aan te koop. 

Of 

Kontak my op Facebook deur 'n persoonlike boodskap na my toe deur te stuur en laat asseblief 'n epos adres sodat ek kan terug antwoord. 

Voorbeeld van gedrukte boekie in A4 vorm. 
Mooi bly!

No comments:

Post a Comment

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica