Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Patroon en Tutoriaal: Hekel Gestringde Voëltjies.




Die voëltjies wat op my blog se banier gesien kan word het ek seker so jaar of wat terug een dag sommer so uit my kop gesit en hekel. Ek het nooit neergeskryf wat ek gedoen het nie maar na heelwat versoeke vir die patroon het ek  'n patroon saamgestel vir julle. Ek het so bietjie verander van die oorspronklike voëltjie omdat ek nie heeltemal tevrede was nie. Hulle lyk so effens anders en ek het die snawels effens korter gemaak wat vir my mooier lyk en ek hoop dat julle hou van die eindresultaat.

Die heel eerste 3 rye van die patroon is presies dieselfde as vir die voëltjies wat ek so rukkie gelede geplaas het en ek gaan dit nie weer hier illustreer nie.  Gaan kyk hier na die fotos vir  rye een tot drie.

Die rye is soos volg:

Begin met 11ks

Ry 1: 1hlb in 3e ks vanaf pen, 1hlb in elk van vlg 7 ks, 5hlb in laaste ks,  [moenie draai nie] Werk nou aan die teenoorgestelde kant van kettingsteek strook soos volg: werk 7hlb, 4hlb in vlg ks, gs in 2e ks

Ry 2: 1ks, 1hlb in vlg hlb, 8hlb, 2hlb in elk van vlg 4hlb, 8hlb, 2hlb in elk van vlg 4hlb, gs in 1e ks

Ry 3:   1ks, 1hlb in dieselfde st, 8hlb, * 2hlb in vlg hlb, 1hlb, * herh van * tot * nog 3 keer, 2hlb in vlg hlb, 8hlb,  ** 2hlb in vlg hlb, 1hlb ** herh van ** tot ** nog 3 keer, gs in 1e ks

Ry 4: 1ks, 1hlb in dieselfde steek, 1hlb in elk van vlg 12hlb, 2hlb in elk van vlg 10hlb, 1hlb in elk van vlg 12hlb, 2hlb in elk van vlg 9hlb, gs in 1e ks

Ry 5: 3ks, 1lb in dieselfde steek. 1lb in elk van vlg 15hlb, 2lb in vlg hlb, 1lb in elk van vlg 16hlb, 2lb in vlg hlb, 1lb in elk van vlg 15hlb, 2lb in vlg hlb, 1lb in elk van vlg 14hlb, gs in 3e ks. Heg af.

Vorm die kop soos volg: 



Vou die lyf  in die helfte om die middelpunt te bepaal en tel tien steke. Gebruik wol of merkers en merk   die middelste tien steke.





Heg draad in die eerste gemerkte steek en werk soos volg:

Ry 1: 2ks, 1hlb in dieselfde steek, 2hlb in elk van vlg 9lb, draai

Ry 2: 1ks, slaan 1e hlb oor, 1hlb in vlg hlb, * 2hlb tesame * herh nog 7 keer, Heg af.

Hoe werk ons 2hlb tesame: 


Slaan draad om pen, steek in volgende hlb, haak die draad en trek deur steek, [daar is 3 lusse op die pen]

Slaan draad weer om pen en steek deur volgende steek, haak die draad en trek deur steek, [daar is nou 5 lusse op die pen]

Slaan draad weer om pen en trek deur al 5 die lusse. Dit voltooi 2hlb tesame. 







Heg kleur vir snawel  in  eerste st, 1ks, en werk weer 2hlb tesame tot einde van ry. Heg af. Dit verminder die ry drasties en vorm 'n mooi snaweltjie. 



Gebruik watteersel, stop die lyfie lekker vol en werk vas met 'n wolnaald.

Sny vlerkies uit felt en borduur 'n kombers stekie reg rondom. Werk dit met naald en gare vas en stop effentjies op met watteersel voordat dit heeltemal vas is.


Hekel vier  hartjies volgens die aanwysings vir die klein hartjies wat hier verduidelik is. Werk 2 hartjies aanmekaar vas, stop effens en gebruik 'n knoop aan beide kante.





Hekel 'n kettingsteek strook van 40ks vir die bandjie om die nek en ryg deur. Gebruik klokkies of krale op die punte. Ek het hartvormige klokkies gebruik.



Hekel dan 'n kettingsteek strook van ongeveer 120ks en ryg die voëltjies met krale tussen in. Aan die onderkant het ek 'n rooi plastiek kraal geheg.

Amper vergeet ek die ogies. Werk knopies vas en plak wikkel ogies daarop vas. :)




Soek 'n plekkie waar jy hulle kan hang! 



     

2 comments:

  1. Hi Monica 3

    ek is baie dankbaar dat jy die patroon op gesit het, maar ek hou meer van die voeltjies op jou banier, as ek sulkes gaan maak sal ek die bekkie ook so lank maak, ek is op die stadium besig om die HTH patroon vi my aankomende klein dogter te hekel, sodra dit klaar is sal ek vi jou 'n foto stuur. Groete Magde

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Magde! Om die bekkies langer te maak moet jy net nog een ekstra ry doen presies soos die vorige rye. Ek is nuuskierig om te sien hoe jou HTH kombersie gaan lyk. Heerlike dag vir jou, Monica :)

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica