Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Gehekelde Voëltjies.

Hekel hierdie Voëltjies in 'n japtrap! 






Begin met 11ks




Ry 1: 1hlb in 3e ks vanaf pen, 1hlb in elk van vlg 7 ks, 5hlb in laaste ks,  [moenie draai nie] Werk nou aan die teenoorgestelde kant van kettingsteek strook soos volg: werk 7hlb, 4hlb in vlg ks, gs in 2e ks











Ry 2: 1ks, 1hlb in vlg hlb, 8hlb, 2hlb in elk van vlg 4hlb, 8hlb, 2hlb in elk van vlg 4hlb, gs in 1e ks












Ry 3:   1ks, 1hlb in dieselfde st, 8hlb, * 2hlb in vlg hlb, 1hlb, * herh van * tot * nog 3 keer, 2hlb in vlg hlb, 8hlb,  ** 2hlb in vlg hlb, 1hlb ** herh van ** tot ** nog 3 keer, gs in 1e ks, draai



Stert




Ry 1:  1ks, 1kb in vlg hlb, 9lb, 1kb,  gs in vlg hlb, 3ks, draai



Ry 2:  3lb in vlg hlb, * 1kb in vlg hlb, 3lb in vlg hlb * herh van * tot * nog 4 keer, 2ks, gs terug in laaste st waar die laaste 3lb so pas gewerk is. Heg af. [Verkeerde kant]



Kop




Draai die werk nou om sodat die regte kant na bo wys en volg die aanwysings vir die kop gedeelte.













Heg draad in 11e hlb vanaf stert soos op foto aangedui en werk soos volg: 1ks, 1hlb in elk van vlg 3hlb, werk nou 2hlb in elk van vlg 3hlb, 1hlb in elk van vlg 3hlb, gs in vlg hlb, 1ks draai






Volgende ry: 1kb in vlg hlb, 1hlb in elk van vlg 3hlb, 2hlb in elk van vlg 3hlb, 1hlb in elk van vlg 3hlb,  1kb in vlg hlb, gs in vlg st, draai


Volgende ry: gs in vlg st, 1kb in vlg hlb, 1hlb in elk van vlg 8hlb, 1kb in vlg hlb, gs in vlg st,   Heg af.








Sny die draad maar moet nie te kort sny nie. Die gedeelte moet lank genoeg wees om die voëltjie toe te werk.  Gebruik 'n wolnaald en ryg deur die voorste gedeelte van kop. 








Vou die voëltjie sodat die regte kante aan die binnekant is.Trek die draad effens in om die kop te vorm. Werk nou die naat tot onder die stert gedeelte vas.














Dop die voëltjie nou om sodat die verkeerde kant aan die binnekant is en vul met watteersel.







Nou kan die stert vasgewerk word.















Gebruik borduurgare en borduur die ogies of indien verkies kan 'googly' ogies, klein knopies of krale gebruik word. Borduur die snaweltjie of gebruik 'n stukkie filt.

Versier die voëltjie na keuse.


Gebruik 'n ring met 'n deursnee van ongeveer 15cm waarin die voëltjies gaan kuier. Ek het die binnekant van 'n ou hout borduurraam gebruik.

Hekel 'n ry kortbene met 'n Ekstra dik breidraad en 5mm hekelpen reg rondom die raam. Die kortbene moet lekker knus om die raam pas en sorg ook  dat geen dele van die raam gesien word nie. 



Hekel 'n kettingsteek strook van ongeveer 150ks en vleg dit om die raam. 

Blommetjies

Begin met 'n garesirkel, *1ks, 3lb in sirkel, 1ks, gs terug in sirkel* herh totdat 5 blaartjies voltooi is en heg af. 

Blaartjies

Begin met 6ks, kb in 2e ks vanaf pen, werk dan 1hlb, 1lb, 1hlb,1kb en heg af.


Hekel die blommetjies en blare en werk dan alles in posisie in die raam.  Hekel 'n kettingstrook van 50ks en werk in posisie aan bokant vir ophang doeleindes. Hierdie voëltjies is ook ideaal om gebruik te word aan sleutelhouers of om te gee as klein geskenkies of ryg hulle aan een draad sodat hulle onder mekaar in 'n hoek van die vertrek kan hang. Gee jou verbeelding vrye teuels!

Lekker hekel!

1 comment:

  1. Jou werk is pragtig. Sodra my hand gesond is, gaan ek ook weer begin hekel en brei. Dankie dat jy jou patrone met ons deel.
    Groetnis

    Ina Greyling Hawes

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica