Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Kyk hoe lyk dit by my!

Hekel is lekker!

Goeie more liewe lesers.

Dit is Sondag oggend en die son sit reeds hoog in die lug. Ek ploeter nog hier in die huis rond en daar is baie skoonmaak werk wat wag maar ai die hekelwerkies is tog so aanloklik! Daar is projekte wat oral vir my lê en loer en elkeen probeer sy bes om my te oortuig dat hy die heeeeel belangrikste is. 

Daar is hierdie gesprekkies wat tussen my en my projekte plaasvind.  


Monica aan self: "Kyk hoe deurmekaar is die plek! Wanneer gaan jy begin om bietjie op te ruim Monica???"

Op die bank hoor ek die Zig Zag kombers fluister: 'Jy kan my nie wegpak nie, want dan gaan jy my nooit klaar hekel nie. Los my net hier want dit is baie gerieflik met my hier. Ek gee nie om as jy die ander projekte voorkeur gee nie, maar moet my asseblief tog nie wegpak en van my vergeet nie. 'n Ou langbeentjie hier en daar en 'n kettingstekie wanneer jy 'n tydjie kry is goed genoeg vir my. 



Op die koffietafel hoor ek 'n paniekerige uitroep en kyk na die sak waarmee ek besig is. Met 'n bemoedigende streel van my hand oor die kleurvolle sirkels stel ek die sak gerus dat hy baie beslis op my prioriteitslys is want ek wil hom klaarkry sodat al die lesers van Hekel Idees die patroon kan kry. 

Baie in sy skik lag die strepe sommer oopbek aan die gedagte dat hy dalk meer as een keer gehekel gaan word. 




Die mandjie met die Granny blokkies loer om die kant van die bank en voordat hy enige woord kan uiter sê ek dat hy asseblief geduldig moet wees want hy behoort by hierdie tyd te weet hy kry slegs aandag gedurende middagetes by die werk. 







Op die tafel dans die bont handsakkie heel ongeduldig rond. "Ja, ja, ek weet jy is baie belangrik en ek sal jou eerste klaarhekel okay!"

Tevrede knipoog al die kleure vir my.

Ek loer na die vuil skottelgoedjies en kyk weer na al die wolle wat my naderwink.





'n Lekker koppie koffie en so bietjie gesels en miskien nog een rytjie hekel en dan sal ek begin aan die kant maak. 

Ai dit is darem so lekker om te hekel of wat praat ek alles.  






'n Wonderlike dag vir julle en lekker hekel!



4 comments:

  1. More monica, ja soos jy se mens moet seker opruim maar ai waar begin jy? Die heel boonste foto,op regterkant is 'n foto van 'n kussing met maroon in dink ek, het jy dalk daai blokkie patroon vir my? dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Suzie, daardie is 'n doodgewone plein ou Granny Square. Meroon vir die eerste ry, ivoor in die tweede ry en beige in die derde ry. Gehekel met Pure Gold Chunky en al die blokkies is aanmekaar gehekel aan die voorkant deur gebruik te maak van kortbene. :)

      Delete
  2. Goeiedag. Ek is op soek na 'n patroon vir babasandaaltjies. Op faceboek by Belinda's Beauty is 'n prentjie van die allerfraaiste skoentjies met kraletjies. Weet jy dalk waar ek so 'n patroon kan kry? Ek het al op "Google" gesoek maar was nog nie suksesvol nie. Baie dankie. Soekie

    ReplyDelete
  3. Hi Soekie,

    Dit is baie oulik. Die patroon vir daardie spesifieke skoentjies moet gekoop word maar hier is vir jou 'n link met skoentjies wat jy kan gebruik. Die sool is die belangrike deel want die res kan jy aanpas soos jy wil. Hoop dit help. http://www.mooglyblog.com/crochet-baby-sandals/ Groete, Monica

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica