Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Hartjies, hartjies, hartjies!

Hekel na hartelus! 


Materiaal gebruik asook grootte van harte: 
Hart 1: Vinnis Colours Nikkim en 4mm hekelpen; 12 x 12 cm
Hart 2: Elle Premier Katoen 4 Draad en 3mm hekelpen; 9 x 9 cm
Hart 3: Vinnis Colours Nikkim en 4mm hekelpen; 5 x 5 cm
Watteersel vir opstop van harte.

Vir harte 1 en 2 volg aanwysings vir Groot Hart en vir hart 3 volg aanwysings vir Klein Hartjies. Patroon vir blommetjie nie ingesluit by hierdie patroon nie. Volg aanwyings vir Ierse Rosies patroon wat hier gekry kan word. 

Vir 'n drie-dimensionele hart word twee identiese dele gehekel en dan aanmekaar vasgewerk. Vul met watteersel voordat alle steke geheg word. Die harte is mooi enkel of gestop en kan versier word na keuse. Hekel 'n lang string kettingsteke en werk aan bo-punt van hart indien dit opgehang gaan word. 

Groot Hart





Begin met 3ks, werk in die 1e ks die vlg: 1hlb, 1lb,1ks,1lb,1hlb, [Dit vorm die onderste punt van hart]















Ry 1:  Werk nou die vlg steke oor die reguit gedeelte soos aangedui op foto, 2ks, 1hlb, 2hlb in middelste sp [ring], 2hlb, draai















Ry 2: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 3hlb, werk 2hlb in laaste steek, draai











Ry 3: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 5hlb, 2hlb in laaste steek, draai

Ry 4: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 7hlb, 2hlb in laaste steek, draai

Ry 5: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 9hlb, 2hlb in laaste steek, draai

Ry 6: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 11hlb, 2hlb in laaste steek, draai

Ry 7: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 13hlb, 2hlb in laaste steek, draai

Ry 8: 2ks, 1hlb in elke hlb [17hlb]; draai


Ry 9: 2ks, 17hlb, draai

Ry 10: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 14hlb, slaan vlg hlb oor, hlb in laaste steek, draai

Ry 11: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 6hlb, draai

Werk nou slegs oor hierdie 6hlb soos volg:

Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 3hlb, slaan 1hlb oor, hlb in laaste steek, draai

Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 1hlb, slaan 1hlb oor, 1hlb in laaste steek. Heg af.




Voltooi nou die  gedeelte aan linkerkant van hart soos volg:

Vlg ry. Heg draad in vlg steek wat aan linkerkant ongewerk is en maak 2ks, werk 5hlb, slaan vlg hlb oor, 1hlb in laaste steek, draai

Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 3hlb, slaan 1hlb oor, 1hlb in laaste steek, draai

Vlg ry:  2ks, slaan vlg hlb oor, werk 1hlb, slaan 1hlb oor, 1hlb in laaste steek, 1ks en  werk nou 'n ry kb eweredig reg rondom die hart en in die 1ks spasie in die onderpunt van hart werk 1hlb, 1lb,1hlb. Heg af.





Klein Hartjies


Begin met 'n garesirkel en 2ks. [Sien hier hoe die garesirkel gemaak word]




Ry 1: 3dslb, 4lb,1dslb, 4lb, 3dslb, 2ks, gs in garesirkel. Trek garesirkel styf.




Ry 2: kb in 2ks sp, 2hlb in vlg st, 3hlb in vlg st, 2hlb in vlg st, 1hlb in elk van vlg 4st/e,  werk in vlg st die vlg: [1hlb,1lb,1hlb]; 1hlb in vlg 4 st/e, 2hlb in vlg st, 3hlb in vlg st, 2hlb in vlg st,  1kb in 2ks sp, 1ks, gs terug in garesirkel, gs in vlg st

Ry 3: [kb in vlg st, 2kb in vlg st] herhaal nog 2 keer; werk nou 1 kb in elk van vlg 7 st/e, 1ks, werk weer kb in elk van vlg 7 st/e; [2kb in vlg st, 1kb in vlg st] herhaal nog 2 keer; werk dan 1kb in vlg steek, gs in vlg steek. Heg af. 









Vinnige en maklike hartjies. Enkel of opgestop harte is altyd handig en kan oral gebruik word. 















Hoop julle hekel julle harte uit!


Lekker hekel almal!




5 comments:

  1. Ek het my hart uitgehekel, baie dankie! Jou aanwysings is so keurig en duidelik verstaanbaar, dis 'n plesier om deur jou blog te gaan.
    Groete

    ReplyDelete
  2. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete
  3. Hi Monica

    Baie dankie vir jou wonderlike idees en maklike aanwysings. Ek leer elke keer ietsie nuuts as ek jou blog besoek. Ek het nou duisende idees en hopeloos te min hekelgaring.

    Hekel-groete

    Heila

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica