Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Monica se Seshoek


Materiaal gebruik: 

Vinnis Nikkim of enige Dubbeldraad en 4mm hekelpen.





Die patroon vir hierdie seshoek het ek so 'n paar jaar gelede in Engels geskryf as deel van my eie versameling ontwerpe waarmee ek besig is. Ek het die foto van hierdie kombers  op my blad gewys in 'n vorige artikel en het soveel navrae en versoeke gekry daarvoor dat ek dit herskryf het in Afrikaans en deel dit vandag met julle.




Spesiale instruksies: 

Hoe om 2lb tes te werk:

*Slaan draad om pen, steek pen deur ring, haak draad en trek deur na vorentoe, slaan draad om pen en trek deur 2 lusse,* herh nog 1 keer, [3 lusse op pen];  slaan draad om pen en trek deur al  3 lusse. 

Hoe om 3lb tes te werk: 

* Slaan draad om pen, steek deur ring, haak draad en trek deur na vorentoe, slaan draad om pen en trek deur 2 lusse,* herh nog 2 keer, [4 lusse op pen]; slaan draad om pen en trek deur al 4 lusse. Dit voltooi 3lb tes.   


Begin met Kleur A en werk 5ks. Glipsteek om ring te vorm.

Ry 1: Kleur A: 2ks, 2lb tes; * 3ks, 3lb tes; * herh van * tot * nog 4 keer, 3ks, gs in die bo-punt van die eerste groep; gs in 3ks sp, Heg af.














Ry 2: Kleur B: Heg kleur in die 3ks sp, 2ks, 1hlb in dies sp, 2ks, 2hlb in dies sp, * werk in die vlg 3ks sp die vlg: [2hlb, 2ks, 2hlb] * herh van * tot * in elke 3ks sp tot einde van ry, gs in die bo-punt van 2ks, gs deur tot in die vlg hlb en dan tot in die 2ks sp. Heg af. 






Ry 3: Kleur C: Heg kleur in die 2ks sp; 3ks, 1lb in dies sp, 2ks, 2lb in dies sp, * 4ks, slaan vlg 4hlb oor en werk dan in die vlg 2ks sp die vlg: [2lb, 2ks, 2lb] * herh van * tot * en eindig met 4ks, gs in 3e ks, gs deur tot in die vlg 2ks sp. Heg af.












Ry 4: Kleur D: Heg kleur in 2ks sp en werk in dies sp die vlg:  [2ks, 1hlb, 2ks, 2hlb]; * slaan vlg 2lb oor, 1lb in 4ks sp; 1dslb tussen die 2hlb groepe van ry 2; [werk oor die 4ks van ry 3]; 1ks, 1dslb in dies sp tussen 2hlb groepe van ry 2, 1lb in 4ks sp; slaan vlg 2lb oor en werk dan in vlg 2ks sp die vlg: [2hlb, 2ks, 2hlb] * herh van * tot * tot einde van ry en eindig met 'n gs in die 2e ks; gs deur tot in 2ks sp. Heg af.







Ry 5: Kleur E: Heg kleur in 2ks sp en werk in dies sp die vlg:  [3ks, 1lb, 2ks, 2lb]; * slaan vlg hlb oor, 1lb in vlg hlb, 1ks, slaan vlg lb oor; [1lb in dslb, 1lb in 1ks sp, 1lb in dslb]; 1ks, slaan 1lb en 1hlb oor, 1lb in vlg hlb, werk nou die vlg in die 2ks sp: [2lb, 2ks, 2lb] * herh van * tot * nog 4 keer, slaan vlg hlb oor, 1lb in vlg hlb, 1ks, slaan vlg lb oor; [1lb in dslb, 1lb in 1ks sp, 1lb in dslb]; 1ks, slaan 1lb en 1hlb oor, 1lb in vlg hlb, eindig met 'n gs in 3e ks.  Heg af. 





Lekker hekel almal!

4 comments:

  1. Baie dankie vir jou moeite. Dit lyk pragtig en ek gaan hpm beslis probeer. Geniet jou werk baie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie Salome! Waardeer jou boodskappie. Lekker hekel! :)

      Delete
  2. Monica, ek het bitter onlangs begin hekel en dit was tog te lekker om iets anders as 'n vierkant te hekel. Fantastiese blog!

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica