Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Gratis Hekelpatroon!

Hi almal!
Ek het vandag 'n spesiale Paasfees geskenk vir julle! Ek weet nie of ek die enigste een is nie maar sjokolade en ietsie warms om saam met die soetigheid te drink bly darem die beste!

Wanneer mens so 'n blokkie sjokolade in die mond laat wegsmelt en daarmee saam so 'n sippie warmte (tee of koffie, solank dit warm is)neem en die tweetjies mengel so tussen die kieste rond! Mmmmmm.......pure hemelse lekkerte!

En terwyl dit nou die enigste tyd van die jaar is wanneer mens toestemming het om baie sjokolade te mag geniet, het ek dit goed gedink om vir julle 'n ietsie gratis te gee. Hiermee dan 'n hekel patroon vir die warm hou van die ou teepotjie.
Geniet dit en lekker hekel! 
 

6 comments:

  1. Baie dankie Monica vir die oulike teepotjassie patroon.
    Jy het 'n oulike blad hier en ek gaan nou gereeld kom inloer.
    Mooi bly

    ReplyDelete
  2. More Monica. Het jy asb vir my n hekel patroon vir slaapsokkies
    My email alta2780@gmail.com
    Lekker dag
    Alta

    ReplyDelete
  3. Dit sal nice wees om n hekel patroon te kry vir slaapsokkies of n brei patroon asb monica email adress natashapieterse96@yahoo.com

    ReplyDelete
  4. Dag Moica... kan jy asseblief hierdie teepotpatroon in Afrikaans gee. Ek sukkel vreeslik met die Engelse termes. Verder geniet ek al jou hekelpatrone. Dit is al wat ek op my rekenaar kan print en die ander mense se patrone het of 'n virus of is skadelik vir my rekenaar.

    Groete

    Naomi le Roux

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Naomi,

      Ek het hierdie patroon in Engels geskryf en het ongelukkig nog nie 'n Afrikaanse weergawe daarvan gedoen nie. Ek is bereid om jou te help indien jy sukkel met die terme. Indien daar enige onduidelikheid is laat weet my en ek ek sal terugkom na jou so gou as wat moontlik is.

      Groete
      Monica

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica