Hallo hallo julle! Sjoe, ek was lanklaas hier. Hoe het die tyd dan so gou verby gegaan?

Ek het gou kom wys waarmee ek besig is so op hierdie koelerige daggie in die Kaap. Dit is nogals geniepsig buite en die winter wys nog sy laaste tandjies. En wat is dan nou lekkerder as om met so ou lekker sagte snoesige hekelwerkie op die skoot te sit en kuier voor die TV.
Ek het hierdie patroon gekry op Lucy van Attic24 se blog. Ek hekel dit met Elle Pure Gold double knit. Ek love Pure Gold! Dit is so sag en heerlik om mee te werk en daar is ook nuwe kleure wat nou so pas op die mark is. Ek gebruik al die lekker sagte aardse kleure met hierdie yummie pink daarby.

Tot volgende keer!
Groetnis en ....
Lekker hekel :)
No comments:
Post a Comment
Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica