Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Gratis Patroon: Gehekelde Granny Skouerserp.



 Materiaal gebruik:
  • 2 x 50g balle Elle Timber Dubbeldraad [Kleur: Witchhazel] 
  • 1 x 50g Elle Family Knit Dubbeldraad [Kleur: Claret]
  • 1 x 50g Elle Family Knit Dubbeldraad [Kleur: Anitque]
  • 1 x 100g Elle Pure Gold Dubbeldraad [Kleur: Navy]
  • 4mm hekelpen
Die verwisseling van kleure word nie uiteengesit nie en kan gedoen word volgens eie smaak. 



Begin met 6 ks en gs om ring te vorm.

Ry 1: Werk in ring soos volg: 3ks, 2lb, 2ks, 3lb, 3ks, draai.






Ry 2: 2lb in die 1e lb, 1ks, werk nou in vlg 2ks sp die volgende: [3lb, 2ks, 3lb]; 1ks, slaan vlg 2lb oor en werk dan in die volgende steek wat hierna die laaste steek genoem word weer 3lb, 3ks en draai.






Ry 3:  2lb in die 1e lb, 1ks, 3lb in vlg 1ks sp, 1ks, werk in vlg sp wat hierna die hoekspasie genoem word: [3lb, 2ks, 3lb]; 1ks, 3lb in vlg sp, 1ks, 3lb in laaste steek, 3ks, draai.



Ry 4 tot ry 44: Herhaal soos uiteengesit in ry 3 deur 3lb en 1ks in elke spasie aan sykante te werk en in elke hoekspasie word [3lb, 2ks, 3lb] gehekel. Eindig met 3ks, draai.

Werk 'n ry langbene eweredig oor slegs die boonste reguit gedeelte. Heg af.

Randafwerking:

Sykante het spasies waarin gewerk kan word.

Heg randkleur in enige kettingsteek spasie aan sykant en werk dan soos volg: 5ks, lb in dies sp, werk nou in elke ks spasie [1lb, 2ks,1lb] en in elk van die 3 hoeke werk [1lb, 2ks, 1lb, 2ks, 1lb, 2ks, 1lb].  herh tot einde van ry en gs in die 3e ks. [Merk daar is spasies waarin steke gewerk word aan die 2 sykante maar die boonste rand bestaan uit die ry langbene.






Werk die boonste rand  deur  1 langbeen oor te slaan en dan  2 langbene om sodoende te verseker die steke word egalig versprei. Verwys na die rooi kolletjies op die foto.


Vlg ry: Glipsteek in sp, 5ks, 1lb in dies sp, werk nou in elk van die vlg 2ks sp soos volg: [1lb, 3ks, 1lb] herh tot einde van ry, gs in 3e ks.

Laaste ry: Glipsteek in sp, werk in dies sp soos volg: [5 ks, 1lb]; * werk nou 1kb in vlg lb, werk in vlg sp weer [1lb, 2ks, 1lb] * herh vanaf * tot * oor al 3 sye en eindig met gs in 3e ks. Heg af.
Weef alle los drade weg.



Tot volgende keer!
Lekker hekel almal!
Hekel groete

No comments:

Post a Comment

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica