Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Kersfees Balle




Hekel hierdie jaar kleurvolle Kersfees balle. Hang dit aan  die kersboom  of gebruik dit op ander dekoratiewe maniere om Kersdag op te vrolik!

Materiaal gebruik: 55mm Polysterene balle, Elle Premier Katoen 4-draad en 3mm hekelpen. 

Begin met 'n gare-sirkel.

Ry 1: Kleur A: 1ks, werk nou 8kb in die gare-sirkel, gs in die 1e kb. Heg af.

Ry 2: Kleur B: Las in enige kb, 1ks, werk 2kb in dieselfde plek waar kleur gelas is, werk dan 2kb in elk van die oorblywende kortbene, gs in 1e kb.  Heg af. [16 kb]


Ry 3: Kleur C: Las in enige kb, 2ks, 1hlb in dieselfde kb, 1hlb in vlg kb, *2hlb in vlg kb, 1hlb in vlg kb;* herh van * tot * tot einde van rdte, gs in 2e ks. Heg af. [24 hlb]


Ry 4: Kleur D: Heg in enige hlb, 3ks, 2lb in dieselfde hlb, slaan 1hlb oor, * 3lb in vlg lb, slaan 1lb oor;* herh van * tot * tot einde van rdte, gs in 3e ks. Heg af. [36 lb]

Ry 5: Kleur E: Heg tussen enige van die 3lb groepe, 3ks, 2lb in dieselfde sp; werk nou 3lb in elk van die spasies tussen die 3lb groepe, gs in 3e ks. Heg af. [36 lb]



Ry 6: Kleur D: Heg in enige lb, 1ks, werk nou 'n kb in elke lb tot einde van rdte, gs in 1e kb en heg af.



Dit voltooi die eerste helfte.

Herhaal nou ry 1 tot 6 maar wissel die kleure deur byvoorbeeld ry 1 te begin met Kleur D, ry 2 met Kleur A ens. 

Plaas polysterene balletjie tussen die twee gehekelde helftes en werk met oorhandsteek vas waar dit in die middel bymekaar kom. 

Indien jy dit wil ophang gebruik 'n goue draadjie of hekel 25 kettingstekies, vou dubbel en werk dit aan die bo-punt in die middel vas. 




Deur jou eie kersversierings te maak bespaar jy sakke vol geld! Vir 6 polysterene balletjies het ek R13.40 betaal en enige oorskiet wolletjies of gares kan gebruik word.  Baie goedkoper as gekoopte Kersfees balle!


Lekker kersversierings hekel almal!
Tot volgende keer
Hekel groete

No comments:

Post a Comment

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica