Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Hekelsteke: Die Pofsteek.

Hoe word 'n pofsteek gehekel?



Vir die doeleindes van hierdie tutoriaal begin ons met 'n ry langbene. 
Werk soos volg: 
Maak 12 ks, werk 1lb in 4e ks vanaf pen, werk nou nog 8lb. [Altesaam gee dit 10 langbene want die 3ks in die begin vervang die eerste langbeen] 



draai werk en maak 3ks.

Ons gaan nou 'n pofsteek werk deur die eerste langbeen oor te slaan en in die volgende langbeen soos volg te werk:
Slaan draad om pen en steek deur langbeen, haak draad en trek deur na voor en effens op [daar is 3 lusse op pen]


Slaan draad weer om pen en steek deur dieselfde langbeen, haak die draad en trek deur na voor en effens op sodat die lusse almal gelyk getrek is. [daar is nou 5 lusse op pen]

Slaan draad weer 'n keer om pen, steek deur dieselfde langbeen, haak die draad en trek deur na voor en effens op en maak seker dat al die lusse mooi netjies reguit getrek is. [daar is nou 7 lusse op die hekelpen]









Slaan die draad nou om pen en trek gelyktydig deur al 7 lusse.

Maak nou 1ks om die steek vas te maak.




Slaan elke keer 1 langbeen oor voor die volgende pofsteek gewerk word en eindig die ry met 'n langbeen.

Dit voltooi die ry en daar kan 4 pofsteke gesien word.

 ♥

1 comment:

  1. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica