Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Seshoek Motief in Rooi en Groen

Seshoek Motief in Rooi en Groen



Hierdie seshoek is 14cm x 14cm. Gehekel met Elle Charity Pullskein Dubbeldraad en 4.5mm hekelpen.  




Begin met 5ks, gs om ring te vorm



Ry 1: Kleur A:  1ks, 12hlb in ring,  gs in 1e hlb. Heg af

Ry 2: Kleur B: Heg in enige hlb, 2ks, 1hlb in dieselfde hlb,   2hlb in elk van vlg 11 hlb, gs in 1e hlb. Heg af



Ry 3:  Kleur C:  Heg in enige hlb, 3ks, 1lb in vlg hlb, * 2ks, 1lb in elk van vlg 2hlb * herh vanaf * tot * nog 10 keer [24 lb]; 2ks, gs in 3e ks. Heg af


Ry 4: Kleur D: Heg in enige 2ks sp, werk in dieselfde sp soos volg: [3ks, 1lb, 1ks, 2lb];  * 2ks, kb in vlg 2 ks sp, 2ks; werk in vlg 2ks sp werk soos volg: [2lb, 1ks, 2lb]; * herh vanaf * tot *  nog 4 keer, 2ks, kb in vlg 2ks sp, 2ks, gs 3e ks. Heg af



Ry 5:  Kleur A: Heg in enige 1ks sp tussen 2lb en werk [2ks, 1hlb in sp]; * 1ks, slaan 1lb oor, 1hlb in vlg lb, 1ks, 1lb in 2ks sp, 1ks, 1lb in vlg 2ks sp, 1ks, 1hlb in vlg lb, 1ks, slaan vlg  lb oor en werk 2hlb in vlg 1ks, * herh vanaf * tot * nog 4 keer, 1ks, slaan 1lb oor, 1hlb in vlg lb, 1ks, 1lb in 2ks sp, 1ks, 1lb in vlg 2ks sp, 1ks, 1hlb in vlg lb, 1ks, slaan vlg  lb oor en gs in 2e ks. Heg af




Ry 6: Kleur D: Heg kleur tussen 2ks en hlb waar vorige rondte ge-eindig het, 2ks, 2hlb in dieselfde sp,   *[1ks,1hlb in vlg 1ks sp] herh nog 4 keer, 1ks, 3hlb tussen vlg 2hlb, *  herh vanaf * tot * nog 4 keer, [1ks,1hlb in vlg 1ks sp] herh nog 4 keer, 1ks, gs in 1e hlb. Heg af. 



Lekker hekel!



No comments:

Post a Comment

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica