Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Monica se Haarband

 Haarband

Hierdie haarband is vinnig en maklik om te hekel. Die band begin in die eerste ry aan die voorkant van die kop en word geleidelik na agter effens nouer sodat dit baie mooi en knus om die kop pas. Dit word aan die onderkant met 'n bandjie saamgetrek. Hierdie is een van die min haarbande wat baie mooi om die kop vorm sonder om gedurig af te gly. Dit sal die volwasse kop pas met 'n omtrek van so minus plus 53cm maar kan in enige grootte verander word deur met minder of meer kettingsteke te begin en dan die patroon aan te pas. 

Materiaal benodig: 1 x 50g Dubbeldraad en 4mm hekelpen


Begin met 80 ks, gs in 1e ks


Ry 1: 2ks, 1hlb in elke van vlg 79 ks, gs in 2e ks,


Ry 2: 3ks, 2lb in dieselfde st;  slaan 2 hlb oor, 1kb in vlg hlb,     *[2ks, 2lb in dieselfde hlb, slaan 2hlb oor, 1kb in vlg hlb,] * herh tot einde van rdte en gs in die 3ks sp, [26 groepies]




Ry 3: 2ks, slaan 2lb oor en werk 1lb in vlg  kb, * [1ks, 1kb in vlg lb, 1ks, 1lb in vlg kb,]* herh tot einde van rdte, 1ks en gs in 2e ks









Ry 4: gs in 2ks sp, 3ks , 2lb in dieselfde sp, * [slaan vlg 1ks sp en 1kb oor en gs in vlg ks sp,  3ks, 2lb in dieselfde sp,]* herh tot einde van rdte en gs in  3ks sp







Vanaf ry 5 plaas 'n merker in in die 3ks sp van elke begin van rondte. Verwys na foto vir aanwysings. 


Ry 5




Ry 6

Ry 5: [3ks, 2lb in dieselfde sp, gs in vlg 3ks sp, ] herh tot einde van rdte en gs in eerste 3ks sp,













Ry 6: [2ks, gs in vlg 3ks sp,] herh tot einde van      rdte en gs terug in eerste 2ks sp










Bandjie:

Begin met 12ks, 1hlb in 3e ks vanaf pen, werk nog 9hlb. Heg af en werk die strokie bo oor die band se onderkant soos aangedui op bygaande foto. 





Lekker hekel!

4 comments:

  1. Dit gaan ek verseker probeer. Dankie!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Plesier Christine! Ek hoop jou haarband dra ook
      baie lekker!

      Delete
  2. Baie dankie, Monica. Jou patrone is lekker verstaanbaar en die mooi duidelike fotos maak dit ongelooflik maklik. Ek wil graag die haarband vir n vyfjaar oue dogtertjie probeer en sal laat weet hoe die mates uitgewerk het. Dis so lekker om in Afrikaans te kan hekel!
    Voorspoed vorente,
    Joletta Kotze

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie vir die boodskappie Joletta en lekker hekel! :)

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica