Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Tutoriaal: Hekel 'n Driehoek Ouma Blokkie.

Kom ek wys julle hoe om hierdie maklike driehoek blokkies te hekel!

Hekel Idees: Driehoekie Blokkies.


Kleur A: Begin met 5ks, gls om 'n ring te vorm [Hier kan julle sien hoe om die ring te maak]


Ry 1:  3ks, 3lb in ring, 2ks, 4lb in ring, 2ks, 4lb in ring, 2ks, gs in bo-punt van 3ks. Heg af.



Ry 2: Heg Kleur B in enige 2ks sp. [Werk nou in dieselfde sp die eerste hoekgroep wat bestaan uit 2ks,2hlb,2ks,3hlb];  * 1ks, slaan vlg 2 lb oor en werk in vlg lb [1hlb,1ks]; in vlg sp werk ['n gewone hoekgroep wat bestaan uit 3hlb,2ks,3hlb]*; herh vanaf * tot * nog 1 keer, 1ks,slaan 2lb oor 1hlb in vlg lb, 1ks, gs in 2e ks. Heg af.



Ry 3: Heg Kleur C in 'n hoekspasie en werk 'n eerste hoekgroep, 1ks, * slaan vlg 2hlb oor, 1hlb in vlg hlb, [1ks, 1hlb in vlg 1ks sp]  herh nog 1keer; 1ks, slaan 1hlb oor, 1hlb in vlg hlb, 1ks,** werk nou 'n gewone hoekgroep, 1ks* herh vanaf * tot * nog 1 keer en her dan weer vanaf * tot ** en gs in 2e ks. Heg af.



Ry 4: Heg Kleur D in enige hoekspasie en werk eerste hoekgroep, 1ks, * slaan vlg 2hlb oor, 1hlb in vlg hlb, [1ks, 1hlb in vlg 1ks sp] herh nog 4 keer, 1ks, slaan 1hlb oor, 1hlb in vlg hlb, 1ks, gewone hoekgroep in vlg sp, 1ks, slaan vlg 2hlb oor, 1hlb in vlg hlb, [1ks, 1hlb in vlg 1ks sp] herh nog 4 keer, 1ks, slaan 1hlb oor,, 1hlb in vlg hlb, 1ks, gewone hoekgroep in vlg sp, 1ks, slaan vlg 2hlb oor, 1hlb in vlg hlb, [1ks, 1hlb in vlg sp], herh nog 4 keer, 1ks, slaan 1hlb oor, 1hlb in vlg hlb, 1ks, gs in 2e ks. Heg af. 

Hekel Idees: Driehoekie Blokkie met Ierse Roos.


'n Blommetjie lyk net so mooi op hierdie driehoekies.

In die volgende tutoriaal wys ek julle hoe om hierdie Ierse Roos te hekel. 





Hoe maak mens 'n langbeen? Gaan kyk na die tutoriaal van die Ouma Blokkie. 

Hoe maak mens 'n halwe langbeen? Die halwe langbeen word amper dieselfde gedoen as 'n langbeen met net een verskil. Sodra jy 3 lusse op jou pen het slaan jy die draad om pen en trek dadelik deur al 3 lusse. Dit word dus so gemaak. Slaan draad om pen, druk hekelpen in steek of spasie, slaan draad om pen en haak wol deur die steek of spasie na bo, daar is nou 3 lusse op pen, slaan draad weer om pen en trek deur al 3 die lusse. Dit voltooi die halwe langbeen. 


Lekker hekel!


2 comments:

  1. Monica dankie vir die deel van hierdie blok, ek het driehoeke gemaak en kan nie verstaan hoekom twee saam nie vierkant word nie, ek het heeltyd net granny gedoen met 3 langbene in elke opening en 3 lb 2ks 3 lb in hoek gedoen maar jong dit werk net nie mooi uit nie. so ek gaan nou hierdie van jou probeer. Weereens baie dankie vir die deel.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Susan, die enigste manier om twee driehoeke te kry om 'n vierkant te vorm is wanneer die onderste rand langer is as die linker en regterkant en daarvoor sal jy 'n ander driehoek moet gebruik. Sny 'n vierkant uit papier en vou in die helfte. Meet die drie dele van die driehoek om te sien wat ek bedoel. Hoop dit help. :)

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica