Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Hekel 'n Kussing Oortreksel.

Kikker 'n sofa op met hierdie gehekelde kussing oortreksel!


Materiaal gebruik: 

4mm Hekelpen
Vinnis Colours Nikkim 100% Katoen Dubbeldraad in 7 Kleure [1 x 50g van elke kleur]
3 Knope met 'n deursnee van 3cm



Hekel 4 afsonderlike blokke soos volg:

Kleur A: Begin met 6ks en gls om ring te vorm

Ry 1: 3ks, 2lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks en gs in die 3e ks

Ry 2: Kleur B. Heg in vlg 2ks sp en werk 'n begingroep soos volg: [3ks,2lb,2ks,3lb]; 2ks, * werk 'n hoekgroep soos volg in die volg 2ks sp: [3lb,2ks,3lb]; 2ks; * herhaal van * tot * nog 2 keer en gs in die 3e ks. Heg af.


Ry 3: Kleur C. Heg in vlg hoekspasie en werk 'n begingroep, * 2ks, werk 2lb saam soos volg: slaan vlg 2 lb oor, werk 1lb in vlg lb totdat 2 lusse oor is op pen, slaan 2ks sp oor en werk lb in die 1e lb van die vlg hoekgroep, werk alle lusse af, 2ks, hoekgroep; * herh van * tot * nog 2 keer; werk vlg 2lb saam soos bo beskryf, 2ks, gs in 3e ks. Heg af.


Ry 4: Kleur D. Heg in enige hoekspasie; en werk hoek soos volg: [3ks, 2lb], 1lb in elk van vlg 3lb, 2lb in elk van vlg 2ks spasies, 1lb in elk van vlg 3lb, * 3lb in vlg hoekspasie, 1lb in elk van vlg 3lb, 2lb in elk van vlg 2ks spasies, 1lb in elk van vlg 3lb, * herh van * tot * en gs in 3e ks. Heg af.

Ry 5: Kleur E. Heg in vlg lb; [die 2e lb van die 3 wat in hoek gewerk is]; werk in dieselfde lb die volgende: [3ks,2lb],  * werk 1 lb in elk van vlg 12 lb, 3lb in vlg lb [hoek]; * herh van * tot * nog 2 keer, 1lb in elk van vlg 12lb en gs in 3e ks. Heg af.

Ry 6: Kleur F. Heg in vlg lb; [die 2e lb van die 3 wat in hoek gewerk is]; werk in dieselfde lb die volgende: [1ks,2kb],  * werk nou 1kb in elk van vlg 14lb, 3kb in volgende lb [hoek]; 1kb in elk van vlg 14lb; * herh van * tot * nog 1 keer; 1kb in elk van vlg 14lb, gs in 1e ks. Heg af.

Ry 7: Kleur G. Heg in vlg kb; [die 2e kb van die 3 wat in hoek gewerk is]; werk in dieselfde kb die volgende: [3ks,1lb,2ks,2lb], * werk nou soos volg: 2lb, 12hlb, 2lb, in vlg hoek werk [2lb,2ks,2lb]; * herh van * tot *  nog 2 keer, 2lb, 12hlb, 2lb, gs in 3e ks. Heg af.

Werk vier blokke aan mekaar vas en heg Kleur D in enige hoek.

Werk rand soos volg:

Ry 1: 6ks, kb in dieselfde sp, werk nou soos volg tot die rondte voltooi is: * [3ks, slaan 1st oor, kb in vlg st]*  herhaal van * tot * en werk in elke hoeksp [1kb,3ks,1kb]; eindig rondte met gs in 1e ks. Heg af.

Ry 2: Heg Kleur A in enige hoekspasie.  Werk in dieselfde sp [3ks,2lb];  * werk nou 2ks, lb in vlg sp *  herhaal  van * tot * tot rondte voltooi is en werk  3lb in elke hoekspasie, gs in 3e ks. Heg af.
Ry 3: Heg Kleur B in enige hoek in die 2e lb van 'n 3lb hoekgroep, 3ks, 2lb in dieselfde lb,  Werk die res van  hierdie rondte presies soos ry 2 deur 2ks en 1lb in elke sp te werk en werk 3lb in elke 2e lb van 'n hoekgroep. Heg af.

Ry 4: Heg Kleur E in enige hoek in die 2e lb van 'n 3lb hoekgroep, werk in dieselfde plek soos volg: [3ks,2lb,2ks,3lb]; 1ks, *1lb in vlg sp, 1lb in vlg lb, 1lb in vlg sp, 1ks, slaan vlg lb oor *  herh van * tot * vir die res van hierdie rondte en werk in elke 2e lb van 'n 3lb hoekgroep [3lb,2ks,3lb]; eindig rondte met gs in 3e ks.

Ry 5: gs tot in hoeksp en maak 3ks, werk in dieselfde sp [2lb,2ks,3lb]; ** slaan 1lb oor 1lb in elk van vlg 2lb, *1lb in ks sp, 1lb in elk van vlg 3lb, * herh van * tot * tot by vlg hoek en werk in hoeksp [3lb,2ks,3lb]; herhaal van **  tot einde van rondte en gs in 3e ks.

Ry 6: gs tot in hoeksp en maak 3ks, werk in dieselfde sp [2lb,2ks,3lb]; Voltooi hierdie rondte deur in elke van die 3 oorblywende hoeke [3lb,2ks,3lb] te werk en 1lb in elke lb maar slaan die lb voor en die lb na elke hoek oor, gs in 3e ks, gs dan tot in vlg hoek spasie en voltooi die oorslaan rand soos volg:

Oorslaan rand:


Ry 1: Heg kleur van keuse in hoek spasie, werk in dieselfde sp die vlg: [3ks, 1lb], * slaan 2 lb oor en werk in vlg lb 3lb,* herh van * tot * nog 19 keer, slaan 2lb oor en werk dan 2lb in 2ks hoek spasie, draai


Oorslaan rand van voor gesien.
Ry 2: 3ks, 1lb in vlg sp, 3lb in elk van vlg 19 sp, 1lb in vlg sp, 1lb in bo-punt van 3ks, draai

Ry 3: 3ks, 1lb in vlg sp. 3lb in elk van vlg 18 sp, 1lb in vlg sp, 1lb in bo-punt van 3ks, draai

Ry 4: 3ks, 1lb in vlg sp, 3lb in elk van vlg 17 sp. 1lb in vlg sp, 1lb in bo-punt van 3ks, draai

Ry 5: 3ks, 1lb in vlg sp, 3lb in elk van vlg 16 sp, 1lb in vlg sp, 1lb in bo-punt van 3ks, draai

Oorslaan rand van agter gesien.
Ry 6: 3ks, 1lb in vlg sp, 3lb in elk van vlg 2 sp,  * 4ks, slaan vlg sp oor, 3lb in elk van vlg 4sp, * herh van * tot * nog 1 keer, 4ks, slaan vlg sp oor, 3lb in elk van vlg 2 sp, 1lb in vlg sp, 1lb in bo-punt van 3ks, draai

Ry 7: 3ks, 1lb in vlg sp. 3lb in vlg sp, 6lb in 4ks sp, 3lb in elk van vlg 3 sp, 6lb in 4ks sp, 3lb in elk van vlg 3 sp, 6lb in 4ks sp, 3lb in vlg sp, 1lb in vlg sp, 1lb in bo-punt van 3ks sp, draai


Ry 8: 3ks, 1lb in vlg sp, 3lb in vlg sp, * slaan 3lb oor en werk 3lb tussen die 3e en 4e lb, 3lb in elk van vlg 4sp, * herh nog 1 keer, slaan 3lb oor en werk 3lb tussen die 3e en 4e lb, 3lb in vlg sp, 1lb in vlg sp, 1lb in bo-punt van 3ks. Heg af. Weef alle los drade weg.

Blommetjie:


Ry 1: Begin met Kleur B:  'n garesirkel en 1ks, werk nou 8kb in sirkel, gs in 1e kb.

Ry 2: 3ks, kb in vlg kb, 2ks, * kb in vlg kb, 2ks * herh van * tot * nog 5 keer, gs in 1e sp. [8 spasies] Heg af.

Ry 3:  Heg Kleur A in enige spasie, 2ks, 2lb, 2ks en gs terug in dieselfde sp, * gs in vlg sp, 2ks,2lb,2ks, gs terug in dieselfde sp, * herh van * tot * en voltooi in al die oorblywende spasies, Heg af.


Agterkant:


Die agterkant van oortreksel word in strepe gehekel. Wissel kleure na keuse.


Begin met 68 ks.

Ry 1:  1kb in 2e ks van pen, 1kb in elke ks tot einde van ry, draai

Ry 2: 3ks, 1lb in 1e kb, slaan 2kb oor, werk 'n 3langbeen groep in vlg kb,[langbeengroep beteken 3lb in dieselfde st[afkorting=3lbgr]; * slaan vlg 2kb oor, 3lbgr in vlg kb,* herh vanaf * tot * tot 21 groepe voltooi is, slaan vlg 2kb oor en werk dan 2lb in laaste st, draai

Ry 3:  3ks, 3lbgr in vlg spasie, [spasie tussen die 1e 2lb en  3lbgr]; werk nog 21 groepe in elke sp, [22gr in ry]; 1lb in bo-punt van 3ks, draai

Ry 4: 3ks, 1lb in vlg spasie wat lê net voor die heel eerste 3lbgr, werk weer 21 3lbgr, 1lb in 3ks sp aan einde van ry, 1lb in bo-punt van 3ks, draai

Herhaal ry 3 en 4 tot 44 rye voltooi is of totdat dit dieselfde lengte as voorkant meet. Heg af.


Weef alle los drade weg. Werk knope aan agterkant van oortreksel vas. Werk blommetjie in die middel van oortreksel aan voorkant vas. Trek die oortreksel oor kussing en geniet!

Lekker hekel almal!


1 comment:

  1. leuk hoor ik heb hem gelinked hier https://www.facebook.com/jennekevm?ref=hl

    vr gr jenneke

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica