Blou mussie gehekel met Vinnis Nikkim katoen Grys mussie gehekel met Elle Pure Gold DK Gekleurde mussie gehekel met Elle Family Knit DK |
Materiaal gebruik: 1 x 100g Pure Gold Dubbeldraad in kleur Silver en 4mm hekelpen
Grootte: Gemiddelde grootte vir volwassene
Begin met 4ks en gs om ring te vorm
Ry 1: 3ks, werk in ring die vlg * 1hlb, 1ks *; herh vanaf * tot * nog 8 keer; gs terug in 3ks sp
Ry 2: 4ks, 1hlb in vlg 1ks sp; * 2ks, 1hlb in vlg 1ks sp * herh vanaf * tot * nog 7 keer; 2ks en gs in 3ks sp [daar is 10 spasies]
Ry 3: 3ks, 2lb in dieselfde sp, * 1ks, 3lb in vlg sp * herh vanaf * tot * tot einde van rondte en werk 3lb in die laaste sp, 1ks, gs in boonste punt van 3ks
Ry 4: 2ks, 1hlb in elk van vlg 2lb; * 1hlb in vlg 1ks sp, 1hlb in elk van vlg 3lb * herh vanaf * tot * en wanneer jy by die laaste sp kom werk 1hlb in die 1ks sp, gs in die 2e ks
Ry 5: 4ks, * 1lb tussen vlg 2hlb, 1ks * herh vanaf * tot * vir die res van die rondte en gs in die 4ks sp [Daar is 40 spasies]
Ry 6: 3ks; * werk in die vlg sp soos volg: [1lb, 1ks, 1lb]; 1lb in vlg sp; * herh vanaf * tot * tot einde van rdte en eindig die ry met [1lb, 1ks, 1lb] in die laaste sp; gs in die 3ks sp
Ry 7: gs in die vlg 1ks sp; 4ks; 1lb in dieselfde sp; * slaan vlg lb oor; 1lb in vlg lb, slaan vlg lb oor en werk in die vlg 1ks sp die vlge: [1lb, 1ks, 1lb]; herh vanaf * tot * en eindig die ry met 1lb in bo-punt van 3ks; gs in die 4ks sp
Ry 8: 4ks; 1lb in dieselfde sp; * slaan vlg lb oor, 1lb in die vlg lb; slaan vlg lb oor en werk in die vlg 1ks sp die vlge: [1lb, 1ks, 1lb] * herh vanaf * tot * tot einde van ry en eindig met 1lb in die laaste lb, gs in die 4ks sp
Ry 9 - 20: Herhaal ry 8
Ry 21: 1ks, kb in dieselfde sp; * 1ks, 1kb tussen vlg 2 lb, 1ks, 1kb in vlg 1ks sp * herh vanaf * tot * tot einde van rdte en eindig met gs in die 1e ks. Heg af
Weef alle los drade weg.
Daar is ook 'n tutoriaal vir die blommetjie wat hier gekry kan word.
En op 'n bitter koue en sopnat dag hier in die Kaap groet ek tot volgende keer
Warm bly en lekker hekel!
Aggenee, nou is ek "gehook". Wou net bietjie kyk. Kan kettingsteek maak en dis al. Nou is ek oppad wolwinkel toe vir naald en wol.
ReplyDeleteGaan verseker weer hier inloer.
Hahaha ja nee Lindi as hierdie hekel gogga eers gebyt het is dit verby. Dankie vir jou kuiertjie!
DeleteMooi bly
Monica :)
Monica, wil net vir jou se, jyt 'n fantastiese blog!!!! Baie dankie vir al jou inligting en patrone! Kan nie glo mens kry so 'n blog in afrikaans nie! Kan nie wag om elke keer te sien wat jy vir ons het nie. Nogmaals baie dankie dat jy jou kennis met ons deel.
ReplyDeleteBaie dankie vir die pragtige boodskap!
DeleteMonica :)
This is stunning. I am going to crotchet in Afrikaans now. I can make a square and a flower but I now want to try the beanie. Thank you for the tutorials. They look easy enough for a ' rooi nek' to follow.
ReplyDeleteHi Lynelle! Ek is so bly om te hoor! Dankie vir jou boodskap!
DeleteLekker dag,
Monica :)
Monica, na seker 20 jaar het jy veroorsaak dat ek elke patron wil hekel wat jy vir ons stuur. Ek is total verstaaf..... Jy is amazing, en dankie vir jou goeie verduideliking van 'n patron. EK VOEL SOOOOO EMPOWERED!!!
ReplyDeleteWat 'n wonderlike boodskap! Baie dankie vir dit! Jy maak my dag!
DeleteGroete
Monica :)
Monica, ek is mal oor jou blog!!
DeleteGeniet dit baie!!
Groete
Baie bly om te hoor! Geniet dit! :)
DeleteHallo Monique. Ek het op jou patrone afgekom vir mussies. Ek sukkel met dit. Vanaf ry 5 kry ek dit nie reg nie. Volgens patroon moet daar 40 spasies wees en ek kry net 34 . En dan as ek verder hekel vanaf ry 8 begin my werk soos n bakkie lyk. En my mussie is baie klein. Ek gebruikdieselfde grootte pen en dikte wol. Hier is niemand wat ek kan vra om vir my te wys nie. Help asb.
ReplyDeleteHi Elzane, Ek dink jy doen iewers iets verkeerd. Hierdie patroontjie is al deur honderde gehekel met groot sukses. Volg die instruksies net stiptelik en maak seker dat jou aantal steke korrek is. Die patroon sal 'n bakkie begin vorm want jy hou op met die vermeerdering. Dalk is jou spanning te styf. Probeer 'n groter nommer pen en kyk of dit help. Hoop jy kom reg! Groete, Monica
DeleteBaie dankie vir jou pragtige blog en beskikbaarstelling van patrone. Ek het 'n klompie by my ge"pin", ek glo ek sal dit nog gebruik.
ReplyDeleteBaie dankie vir jou boodskappie en vir die kuier Toortsie! Lekker hekel! Groete, Monica
DeleteEk gaan hierdie Mussie vir my kleindogter probeer... ek en die hekel hak maar nog vas .... ha ha ha...
ReplyDeleteGoeie naand is n beginner wat is die hlb?
ReplyDeleteHi Anonymous, hlb is halwe langbeen
DeleteHi Monica
ReplyDeleteEk wil graag mussies hekel vir manlief, ouboet (4jr), kleinboet (2jr) asook vir n vriendin wat n dogtertjie verwag....so ek neem aan manlief se mussie sal ek volgens bo genoemde afmetings kan maak, maar omdat ek regtig net nog n beginner is, is ek nie seker waar verander ek/ verminder die steke sodat ek die ander 3 kleinmensies s'n kan maak dat dit pas? Sal jy my asb laat weet, by watter stap ek dit moet doen ens. Wag in spanning met my hekelnaald om van jou te hoor!
PS: Ek wil dik wol(naald nr7) gebruik vir die manne en dan n fyner wol vir die babadogtertjie (nr 3.5 naald en wol)
Hallo Unknown! Daar is 'n gratis mussie patroon vir groottes van babas tot volwassenes op "Craftsy" se webblad. Ek sal ook aanbeveel dat jy die volgende google: "crochet hat reference guide for all sizes" Hoop jy kom reg. :)
Delete