Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Teddiebeer Motief

Hekel hierdie maklike teddiebeer in 'n japtrap. Ideaal om te gebruik as versiering in menige projekte!

Monica se Teddiebeer



Heg aan die regterkant
Hierdie teddiebeer word van die voete na boontoe gehekel en is gehekel met Vinnis Colours Nikkim dubbeldraad en 4mm hekelpen. Die beertjie is 15cm hoog. Gebruik 'n dunner draad indien 'n kleiner motief verkies word. 






Die Bene:

[Hekel 2, 'n linker en regterbeen]

Ry 1: Begin met 5ks, 1hlb in 2e ks vanaf pen, 1hlb in elk van vlg 2ks, 2hlb in laaste ks, 2ks draai
Ry 2: 1hlb in 2e ks vanaf pen, 5hlb, 1ks, draai,
Ry 3: 4hlb, 1ks, draai
Ry 4: 4hlb, Heg af




Hekel die twee dele aan mekaar


Met die volgende ry word die 2 motiewe geheg. Heg die draad in die regterbeen en 'n hekel 'n ry hlb. Beweeg dan oor na die linkerbeen en voltooi die ry hlb tot einde van ry, 1ks, draai (8hlb)

Werk nog 'n ry hlb, 1ks draai






Voltooide motief

Lyf:

2hlb in 1e hlb, 6hlb, 2hlb in laaste hlb, 1ks, draai

Hekel nou nog 4rye hlb, en draai elke ry met 1ks

Volgende ry is 'n verminderingsry vir die skouerdeel: 
 
Slaan 1e hlb oor en hekel 7hlb, slaan vlg hlb oor, 1hlb in laaste hlb, 1ks, draai

Slaan 1e hlb oor en hekel 5hlb, slaan vlg hlb oor, 1hlb in laaste hlb, 1ks, draai


  

Nek en Kop



Borduursteke en felt vir strikdas
gs deur vlg 2hlb, 1ks, 1hlb in dieselfde hlb, 1hlb, 2hlb in vlg hlb, 1ks, draai,



2hlb in 1e hlb, 1hlb in elk van vlg 2hlb, 2hlb in laaste hlb, 1ks, draai,



3hlb in 1e hlb, 4hlb, 3hlb in laaste hlb, 1ks, draai,



3hlb in 1e hlb, 2hlb in vlg hlb, 5hlb, 2hlb in vlg hlb, 3hlb in laaste hlb, 1ks, draai,



slaan vlg 3hlb oor en gs in 4ehlb, 1kb, 1hlb, 2lb, 1hlb, 1kb, slaan vlge 3hlb oor en gs in 1ehlb, heg af.



Borduur nou die gesiggie, en lyne om arms aan te dui. Gebruik felt vir die strikdassie. 



Hoop julle sal die patroon nuttig kan gebruik. 
 
Lekker hekel almal!

2 comments:

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica