Wat is Amigurumi?
Amigurumi is 'n Japanese hekel en brei kunsvorm wat bestaan uit miniatuur opgestopte figure, diere, goggas,monsters asook mitologiese wesens.
Ami beteken hekel of brei en nuigurumi beteken opgestopte poppie. Die wesentjies se koppe is gewoonlik groot in vergelyking met die lyfies wat hulle vreeslik pikant en 'cute' maak.
Amigurumi poppies is nie net 'n oulike geskenkie nie maar word deesdae ook gesien as 'n versamelings item. Hulle word gehekel of gebrei met 'n dun draad en omdat hulle so klein is moet jy kan fyntjies vat om een te hekel. Gebruik ook 'n kleiner hekelpen grootte as wat jy normaalweg sou gebruik. Die steek wat oor die algemeen gebruik word is kortbene en die meeste van die diertjies word so gemaak dat jy in die rondte hekel. Geen nate nie en die werk word styf gehekel om beter vorm te gee.
Daar word daagliks nuwe Amigurumi gedroggies, monster en wesentjies gebore en gratis patrone is ook beskikbaar vir die van julle wat wil weet hoe om te werk te gaan om een te maak.Amigurumi versamelaars maak deesdae enige iets onder die son in miniatuur vorm. Daar word nou selfs meubels, kos en plante gehekel en gebrei!

Daar is beslis 'n paar Amigurumi wesentjies wat in my kop rondmaal en dit is dalk tyd dat ek hulle ook lewendig maak en patrone vir hulle skryf. Hou maar dop, miskien speel daar een van die dae 'n familie Amigurumi wesentjies hier op Hekel Idees! :)
Tot volgende keer, lekker hekel!
Monica
ReplyDeleteEk wil graag jou pink teddy op jou blog se patroon gebruik, sal dit moontlik wees om vi my die patroon te stuur?
Groete Magde