Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Hekel Tutoriaal: Granny Ripple Patroon

Wou jy nog altyd geleer het hoe om die Granny Ripple Patroon te hekel? Jy hoef nie verder te soek nie. Vandag wys ek hoe dit gedoen word. Hierdie is een van daardie heerlike patrone wat gebruik kan word om sommer in 'n japtrap 'n kombersie te hekel. Die enigste bietjie konsentrasie is om met die eerste ry te sorg dat alle steke in plek is en die res is sommer doodmaklik en net 'n herhaling.




























Ek het in hierdie tutoriaal Raeesah Katoen en 'n 5mm hekelpen gebruik.

En ek gaan maar maak of ek nie die vingerfout sien wat ingesluip het op die foto nie. Het julle dit raakgesien? Hier is 'n leidraad Rippel en Ripple :)





















In die boonste foto kan die kettingsteek strook gesien word soos dit aan die voorkant vertoon. Wanneer die strook omgedraai word is daar duidelik hobbels of lussies wat aan die agterkant van elke "V" geplaas is. Die beste afwerking word altyd verkry deur in hierdie agterste hobbels of lussies te werk. Kyk na die foto hier onder. Daar is duidelike swart kolletjies wat aandui presies waar hierdie hobbels lê.

 Goed kom ons begin met die eerste ry!

Ry 1: 

Stap 1: Werk 3lb in die 6e ks vanaf pen; * slaan 2 ks oor, werk 3lb in  vlg ks, slaan weer 2 ks oor en werk 3lb in  vlg ks

Stap 2: Slaan 5 ks oor en werk 3lb in vlg ks [dit gaan die onderste punt van patroon vorm]

Stap 3: Slaan 2 ks oor en werk 3lb in vlg ks

Stap 4: Slaan 2 ks oor en werk in die vlg ks [3lb, 3ks, 3lb] Dit vorm die boonste punt van patroon 

Stap 5: Slaan 2ks oor en werk 3lb in vlg ks, slaan weer 2ks oor en werk 3lb in vlg ks

Herhaal nou Stap 2, 3 en 4. Die ry eindig met 'n boonste punt. [Dit beteken die ry eindig deur in die heel laaste steek 2 groepe te werk = 3lb, 3ks, 3lb]

Werk 5ks en draai indien daar met dieselfde kleur gewerk gaan word in ry 2.

Indien ry 2 met 'n ander kleur gewerk gaan word volg die stappe soos verduidelik in die onderstaande fotos.


Ry 2: 3lb in die eerste 3ks spasie, 3lb in elk van vlg 2 sp/s, die onderste punt word gevorm deur die vlg sp oor te slaan, 3lb in elk van vlg 2 sp/s,  in vlg 3ks sp werk boonste punt deur daarin die vlg te werk: [3lb, 3ks, 3lb]; werk dan in elk van die vlg 2 sp/s weer 3lb, slaan 1 sp oor, 3lb in elk van vlg 2 sp, en in die heel laaste 5ks spasie word weer [3lb, 3ks, 3lb] gewerk. 

Hierdie 2e ry word nou deurgaans herhaal. Die ry sal dus altyd begin met 5ks, en sal altyd eindig met 'n dubbelgroep van 3lb, 3ks, 3lb alles saamgewerk in die laaste 5ks sp.  


























Ek hoop julle het die tutoriaal geniet!
Mooi dag verder en lekker hekel!

3 comments:

  1. Zo tof dat ik dit patroon vond, van iemand aan de andere kant van de wereld, wiens taal ik toch versta ! Groetjes uit Vlaanderen in België

    ReplyDelete
  2. As beginner vind ek jou tutoriale baie maklik om te volg! Ek het net een vragie, by die 2de ry en ander daarna, moet daar nie 2 kettingsteke kom tussen elke drie langbene wat gewerk word voordat 3 langbene weer in die volgende spasie gewerk word nie?

    Dankie vir jou maklike aanwysings!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Bly jy vind die tutoriale maklik Anonymous. Nee daar kom nie 2 kettingsteke tussen elke 3 langbene nie. :)

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica