Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Tutoriaal en Patroon: Seshoek Romanse


Seshoek Romanse
 Hierdie seshoek het net 6 rye en is maklik om te hekel.

Materiaal gebruik: Elle Pure Gold DK [Dubbeldraad] en 4mm hekelpen. 

Begin met Kleur A en maak 5ks, gs om ring te vorm

Ry 1: 3ks, werk in ring die vlg: 1lb, 1ks; werk dan *[2lb,1ks]* herh van * tot * nog 4 keer,  gs in 3e ks, [6 groepe: 12lb altesaam] Heg af.

Ry 2: Heg Kleur B in enige 1ks sp, 3ks, werk in dieselfde sp nog 4lb, *  slaan 2lb oor en werk 5lb in vlg 1ks sp, *  herh van * tot * nog 4  keer,  gs in 3e ks. Heg af.

Ry 3: Heg Kleur C in enige spasie tussen 2 groepe, werk 3ks en 4 lb in dieselfde sp, * 1ks, slaan vlg 5lb oor en werk in vlg sp [1dslb, 2ks, 1lb, 2ks, 1dslb]; 1ks, slaan vlg 5lb oor en werk in vlg sp weer 'n 5lb groep; * herh van * tot * nog 1 keer, 1ks, slaan vlg 5lb oor en werk in vlg sp [1dslb, 2ks, 1lb, 2ks, 1dslb]; 1ks, gs in 3e ks. Heg af.

 




Ry 4: Heg Kleur D in die 3e lb van enige 5lb groep wat in die 2e ry gewerk is. Werk agter die 3e ry soos op die foto gesien kan word. Maak 3ks, werk nou 'n kb in die 1ks sp van die 3e ry en werk dan 1lb in dieselfde lb van die 2e ry. * Werk nou 2kb in die vlg 2ks sp, 1kb in vlg lb, 2kb in vlg 2ks sp,  werk lb soos voorheen in die 3e lb van 'n 5lb groep van 2e ry, kb in die 1ks sp van 3e ry en 1lb in dieselfde lb van 2e ry, 1kb in elk van vlg 5lb; werk 1lb soos voorheen in die 3e lb van 'n 5lb groep van 2e ry, kb in die 1ks sp van 3e ry en 1lb in dieselfde lb van 2e ry * herh van * tot *  nog 1 keer, 

Werk nou 2kb in die vlg 2ks sp, 1kb in vlg lb, 2kb in vlg 2ks sp,  werk lb soos voorheen in die 3e lb van 'n 5lb groep van 2e ry, kb in die 1ks sp van 3e ry en 1lb in dieselfde lb van 2e ry, 1kb in elk van vlg 5lb; gs in 3e ks. Heg af.






Ry 5: Heg Kleur E in dieselfde plek waar gs in vorige ry gewerk is en maak 1ks, werk 1kb in dieselfde st, 1kb in elk van vlg 2st/e, 2kb in vlg st. Vermeerder eweredig oor hierdie ry tot 60 kb plus die 1ks wat aan begin gemaak is gewerk is. Glipsteek in die 1e kb. Om eweredig te vermeerder kan 3kb gewerk word, 2kb in die vlg kb, en na twee of 3 herhalings kan daar dan 2kb gewerk en 2kb in die vlg kb. Wissel dit so af  om by 60kb uit te kom. Sorg dat die kb eweredig versprei is oor die ry met 'n aantal van 60kb aan die einde van ry is. Heg af.





Ry 6: Heg Kleur F in dieselfde kb waar gs in vorige ry gewerk is en maak 3ks, werk in dieselfde kb [1lb, 2ks, 2lb]; * 1ks, slaan vlg kb oor, 1lb in elk van vlg 7kb, 1ks, slaan vlg kb oor, werk nou in vlg kb [2lb, 2ks, 2lb]; * herh van * tot * nog 4 keer, werk dan  1ks, slaan vlg kb oor, 1lb in elk van vlg 7kb, 1ks, slaan vlg kb oor, gs in 3e ks. Heg af. 










Lekker hekel almal!

No comments:

Post a Comment

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica