Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Kuiergas #1: Pauline Matthee

Dit is met groot opgewondenheid dat ek Hekel Idees se eerste kuiergas  voorstel. Ons ontmoet vandag vir Pauline Matthee van Oudtshoorn. Pauline is predikantsvrou, privaat musiekonderwyseres en ma van 3 studentekinders en sy woon al 26 jaar in Oudtshoorn.

Hier dra ek 'n baadjie van 
Anato lia chunky wol wat
ek verlede jaar gehekel 
het en om my nek 
kan gesien word wat ek
graag vir die basaar hekel. 
Hallo Pauline en baie welkom! 

Monica: Hoe lank hekel jy al?

Pauline: My ma het my geleer brei toe ek 3 jaar oud was. Voordat sy my kon leer hekel, het ek (toe ek 4 jaar oud was) self probeer hekel deur net te kyk hoe my ma dit doen. Die gevolg is dat ek my hekelpen "verkeerd" vashou (soos die Duitsers dit doen). Dit beteken ek hekel al 44 jaar!

Monica: Het jy enige gunsteling wol of gare waarmee jy graag hekel?

Pauline: Ek is gek oor Pure Gold, veral die 4-draad. Eintlik eksperimenteer ek met enige wolle, maar ek betaal eerder duurder vir 'n goeie kwaliteit, sagte wol.






Granny Babette

Monica: Enige gunsteling artikels wat jy graag hekel?

PaulineEk het al vir almal in die gesin komberse gehekel, maar ek kan nie besluit wat my gunsteling artikels is nie. Eintlik raak ek gou verveeld, daarom is ek gewoonlik met meer as een projek (verskillende soorte artikels) op 'n slag besig.

Monica: Hmmmm dit klink vir my baie bekend. :)

Frieda se Kombers
Monica: Jy is so 'n besige vrou. Hoeveel tyd kry jy om te hekel?

Pauline: Ek hekel seker gemiddeld twee of drie ure per dag. Ek sit selde net en hekel, maar my hande is nooit stil terwyl ek TV kyk of kuier nie. 

Ek het die Granny Babette kombers voltooi  in April 2012 ter  herinnering aan 'n vriendin wat aan kanker oorlede is. My dogter Frieda se kombers het ek 4 jaar gelede gehekel voordat sy universiteit toe is.


Seshoek kombersie wat nog 'n
 'work in progress'  is. Ek werk
so tussen-in daaraan


Monica: Hoekom dink jy is hekel so gewild?

Pauline: Mense besef al hoe meer die terapeutiese waarde van hekel en ander crafts. Hekel is baie meer veelsydig as bv. brei.

Monica: Wat is jou gunsteling kleure om te gebruik?

Pauline: Enigiets blou of pruim/pienk/pers (soos my foto's duidelik wys!)


My nuutste voltooide projek, 'n sak vir

 my Samsung Galxy Tab2. Ek het die 
sak ontwerp sodat die sakkie 
voor die charger en lappie kan hou.
 Dit werk heel lekker.


Monica: Is hekel net 'n stokperdjie of hekel jy ook om items te verkoop?

PaulineHekel is hoofsaaklik 'n stokperdjie. Ek het al juwele gehekel en by die kerkbasaar verkoop.                                                                                                                
Monica: Is daar enige iets wat jy wil byvoeg? 

PaulineEk gebruik selde 'n patroon. Ek hou daarvan om my eie artikels te ontwerp. Selfs as ek 'n patroon gebruik, verander ek dit gewoonlik soos ek daarvan hou. Ek brei graag sokkies van sokkiewol en doen allerhande crafts en naaldwerk ook.

Monica: Het jy 'n Facebook page of blog jy oor hekel?

PaulineEk wou al so iets doen, maar ek het nie nog tyd daarvoor ook nie! In die tussentyd geniet ek al die oulike blogs, soos joune!


 Baie dankie dat jy jou handewerk vir ons gewys het Pauline!
 Dit was heerlik om met jou te gesels en te kyk na jou pragtige hekelwerk.  :)  

No comments:

Post a Comment

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica