Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Hekel Tutoriaal: Soliede Vierkant


In hierdie tutoriaal wys ek hoe om die soliede vierkant te hekel.



Die soliede vierkant is die ideale blokkie om te gebruik vir die Babette kombers. Daar is natuurlik ook ander alternatiewe soos om gewone "Granny Squares" te gebruik in verskillende groottes. Albei vertoon mooi maar indien jy op soek is na 'n soliede vierkant dan is hierdie die perfekte blokkie om te gebruik. 





Begin met 5ks en gs om ring te vorm







Ry 1: Werk in ring die vlg: 2ks, 2lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 1ks, kb in 1e lb.





Die rede hoekom ek net met 2 ks begin is omdat ek die ry sluit met 'n kortbeen in die 1e lb en die ks word glad nie in berekening gebring nie. Deur van hierdie tegniek gebruik te maak vertoon die blokkie perfek op alle hoeke. Die kortbeen skuif die spasie na regs sodat ek presies in die middel van my spasie kan begin werk. Sou daar begin word met 3ks veroorsaak dit dat dit effens skeef druk en maklik sigbaar is. Deur net 2ks te werk smelt dit ast' ware weg in die werk en vertoon na my mening netjieser.   







Ry 2: Maak 2ks en werk nou 'n lb in die sp wat reg onder die kb is, 





In die foto links dui die pennetjie aan waar die volgende langbeen gewerk moet word. Goed kom ons hekel verder.




1lb in elk van vlg 3lb, werk in die hoeksp 2lb,2ks,2lb, werk dan 1lb in elk van vlg 3lb, werk weer 'n hoeksp, 1lb in elk van vlg 3lb, hoeksp, 1lb in elk van vlg 3lb, 2lb in die laaste hoek, 2ks en gs in die 1e lb. 

Hoekom werk ek nou 'n gs in plaas van 'n kb soos voorheen? Ek doen dit slegs wanneer ek in die vlg ry van kleur gaan verander.  Gebruik die kb tegniek wanneer jy met dieselfde kleur in die vlg ry gaan werk maar die gs tegniek wanneer jy kleur gaan verander. Jy kan natuurlik die kb tegniek deurgaans gebruik maar dit maak nie werklik 'n verskil nie. 


Ek gebruik gewoonlik die kb tegniek of ek nou kleur verander of nie maar ek wys albei sodat julle 'n keuse het wanneer kleure verander word.

Hoekom maak dit nie 'n groot verskil wanneer ek kleure verander nie? 

Omdat ek dadelik my nuwe kleur in die middel van die 3ks sp kan heg. 



Die blokkies kan nou in enige grootte gewerk word en sal perfek vierkantig wees. 











Klik om te vergroot.


Links is 'n foto wat aandui hoe die langbene vermeerder met elke ry tussen die hoek spasies. 


Hoop julle vind hierdie tutoriaal nuttig en kan gebruik maak van die tegniek wat hier gewys is. Indien jy jou blokkies op 'n ander manier doen wil ek net daarop wys dat elkeen sy eie tegniek geleer is en die een is nie noodwendig beter as 'n ander nie. Hierdie is die manier wat ek gevind het die beste eindresultaat lewer en ek verkies om dit so te doen. En ek wil dit graag met julle deel.  






Lekker hekel almal!

6 comments:

  1. Hi ek wil graag seker maak ek verstaan jou 1ste ry reg. Op die einde maak jy 'n kb in die 1ste lb dus skip jy die 1ste 2ks wat jou eerste lb verteenwoordig? Hoop ek maak sin?
    dankie
    Melanie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit is doodreg Melanie. Jy verstaan reg. :)

      Delete
  2. Hi ek wil net hoor wat ek verkeerd doen. Want my blokkie krul vreeslik

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Jolene,

      Iewers maak jy nie genoeg langbene nie. Maak seker dat jy dieselfde hoeveelheid langbene het soos aangedui in die tutoriaal. Maak ook seker dat elke hoek 2lb, 2ks, 2lb het. Jy kan ook probeer om in die hoeke 3lb, 2ks, 3lb te maak en kyk of dit dalk help.

      Hoop jy kom reg.

      Monica :)

      Delete
  3. Hi Monica, ek het weer gaan seker maak en langbene is presies dieselfde. Kan ek n foto vir jou stuur?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jolene, Besoek die "Kontak My" vorm en stuur jou epos adres vir my sodat ek jou kan kontak. Moet asseblief nie jou epos adres hier plaas nie.
      Groete
      Monica

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica