Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Tutoriaal: Leer hoe om die 'African Flower' te hekel.


Die African Flower is een van die gewildste seshoek motiewe in die hekel gemeenskap. Sover my kennis strek is die ontwerpers van die patroon Lounette Fourie en Anita Rossouw. Ek het hierdie tutoriaal saamgestel vir almal wat graag wil leer hoe om hierdie pragtige blommetjie blokkie te doen. 










Kleur A: Begin met 6ks en gs in 1e ks om ring te vorm.










Ry 1: 4ks, werk nou in ring die vlg: [2lb,1ks] herh nog 4 keer, werk dan 1lb en gs in die 3e ks. Heg af.















Ry 2: Heg Kleur B in vlg 1ks sp, 3ks, werk nou in dieselfde sp 1lb,1ks,2lb; werk dan in elke oorblywende 1ks sp die vlg: [2lb,1ks,2lb]  en gs in die 3e ks.












Ry 3: Glipsteek oor die vlg lb tot binne in die vlg 1ks sp, 3ks, werk in dieselfde sp nog 6lb, werk nou in die vlg 1ks sp en elke oorblywende sp 7lb, gs in 3e ks, Knip draad en heg Kleur C.












Ry 4: 1ks, 1kb in elk van vlg 6lb,  1lb gewerk oor die 3e ry en in die 2e ry se sp tussen 2 groepe, * 1kb in elk van vlg 7lb, 1lb in sp tussen 2 groepe; * herh van * tot *  nog 4 keer, gs in 1e ks. Knip draad en heg Kleur D.











Ry 5: 3ks, 1lb in elk van vlg 2kb, * werk in vlg kb [1lb,1ks,1lb]; 1lb in elk van vlg 3kb, 1lb in vlg lb [dit is die langbeen wat oor 2 vorige rye gewerk is]; 1lb in elk van vlg 3kb, * herh van * tot * nog 4 keer, werk in vlg kb [1lb,1ks,1lb]; 1lb in elk van vlg 3kb, 1lb in vlg lb, gs in 3e ks. Heg af.  




3 comments:

  1. Nou maar ja.. Ek weet glad nie hoe om te hekel nie, maar jy het my beslis nou baie gehelp!! DANKIE

    ReplyDelete
  2. Iemand het die patroon in engels iewers as tutoriaal opgesit en ek moes wysigings maak. BAIE dankie vir jou stap vir stap onafgejaagde duidelike aanwysings.

    ReplyDelete
  3. Baie dankie vir die boodskappies! Bly om te kan help om die patroon duideliker verstaanbaar te maak.

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica