Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Gehekelde Blommetjie vir Kaartjie


Hier is die patroon vir hierdie gehekelde blom wat op die kaartjie verskyn in my vorige artikel.

Gebruik Hekelgare no. 8 en hekelpen 1,5mm.

Ry 1: Begin met 'n garesirkel, 3ks, 15lb in sirkel, gs in 3eks

Ry 2: 3ks, * slaan vlg lb oor, in vlg lb werk [1lb,3ks,1lb]*; herh vanaf * tot * nog 6 keer, slaan vlg lb oor, 1lb in 3ks basis, 3ks, gs in bo-punt van begin 3ks  [8 spasies]

Ry 3: gs in vlg lb, *werk in 3ks sp die vlg [1hlb,3lb,1hlb]; gs in vlg lb;* herh vanaf * tot *  nog 7 keer en Heg af. 

Lekker hekel!

1 comment:

  1. Hallo Monica
    Man ek was so bly om oor jou blog te lees in die Rooi Rose van Augustus 2013. Ek het juis 'n kappie gebrei vir my nuwe kleindogter en het gewonder hoe ek 'n blommetjie kan maak om op die kant vas te werk. Wel jy het nou vir my gewys hoe and ek gaan sommer onmiddelik die blommetjie vir kaartjie hekel en aanwerk. Baie dankie. Ek sal beslis gereeld op jou blog kuier vir nog nuwe idees.

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica