Klik op 'n foto en dit sal jou deurneem na die patroon.
Gehekelde Granny Skouerserp |
Vingerlose Handskoene |
Vir meer inligting oor die gebruik van my patrone lees hier. Die meeste van die patrone is so geskryf dat dit aanlyn gelees kan word. Indien daar nie 'n aflaai skakel is wat aandui dat 'n patroon in 'n PDF dokument geskryf of omskep is nie beteken dit dat dit nie afgelaai kan word nie. 'Copy' en 'Save' dan die patroon na 'n Word Dokument op jou rekenaar vir persoonlike gebruik.
Hoop julle geniet my patrone!
©Monica Buys 2014
So sit ek verveeld en depro by die huis. Het n hele sak wol maar geen inspirasie gehad. Dankie vir jou patrone en idees ek gaan somar nou begin xxxx
ReplyDeleteBaie dankie Anonymous! Hekel is net die ding om jou uit die depro te kry. Mooi bly! :)
DeleteMonica ek is inderdaad so bly ek het jou blog ontdek. Ek is geweldig beindruk. Ek is nog maar groen wat hekel betref, maar ek geniet die bietjie wat ek doen terdee. Dankie dat jy onselfsugtig jou kennis deel
DeleteHi Monica... Jy het geen idee wat hierdie website van jou vir my gedoen het nie... Ek het letterlik geleer hekel van jou steke en binne 3 weke 100e blommetjies gehekel en is nou besig met die ouma- blokkies... Dankie, dankie...
ReplyDeleteBaie dankie vir jou boodskappie Adriana. Dit maak my hart bly om te hoor. Lekker hekel! :)
DeleteHierdie is die beste wesite wat ek nog gekry het en dit als in Afrikaans!!!!! Ek is 'n beginner en met hierdie duidelike stappe kan ek ook nou se ek kan begin hekel. Baie dankie vir hierdie wonderlike blad.
ReplyDeleteBaie dankie vir jou boodskappie. Mag jy ure se hekelplesier put in die toekoms! :)
DeleteThis comment has been removed by a blog administrator.
ReplyDeleteHallo ek wil graag parone begin hekel maar ek vir staan nie al die goed wat daar staan nie soos by voor beeld ek weet wat is n lb en kb maar as jy my kan help om al daai af gekapte name een woord kan maak sal ek bly wees en as jy dit vir my kan email sal ek dit baie waardeer my email is nrliebowitz@gmail.com
ReplyDeleteHi! Wat beteken dit as my patroon sê: 2kb in 1e st, pat tot laatse st....wat is pat? Dit staan vir patroon maar ek weet nie wat dit beteken nie.
ReplyDeleteDie patroon beteken jy moet hekel soos met die vorige rye. Dieselfde 'patroon' wat jy tot dusver gehekel het.
DeleteHallo Monica, dis my eerste besoek aan die blad. wil graag onderbaadtjie hekel met dubbel breidraad. en nr. 4 hekelnaald. het jy raad of patroon?
ReplyDeleteEk het ongelukkig nie 'n patroon nie maar dubbeldraad en 4mm pen is doodreg. Besoek die skakels bo aan die blad. Daar sal jy beslis patrone kry.
DeleteEk hoop jy kan my help.....ek is asb desperaat op soek na n sig-sag patron en so bly wees as jy my kan help. Ek wil graag vir my so n komers hekel voor die winter. Baie dankie byvoorbaat.
ReplyDeleteDaar is aanwysings vir 'n sig-sag patroon onder Tutoriale Anonymous.
DeleteHI. Mal oor hierdie blog van jou! Waar kry jy al die tyd? Ek is maar nog 'n begin hekelaar en sukkel nog om patrone te lees. Na die derde probeerslag het ek die hartjie reg gekry. Kyk ek is so trots op myself. Baie dankie dat jy die tyd maak om ons te inspireet.
ReplyDeleteBaie dankie vir jou boodskappie Alice! Bly jy het die hartjie reggekry. Aanhouer wen! Jy kan met reg trots wees! Lekker hekel! Monica :)
Deleteontzettend leuk ik heb een link op mijn publieke fb geplaatst
ReplyDeletehttps://www.facebook.com/jennekevm?ref=hl
Ek leer baie by jou. Baie dankie. Marietjie.
ReplyDeletePlesier en dankie vir die boodskappie Marietjie! Lekker hekel! :)
DeleteJy is baie kunstig vriendin. Hou asb. so aan!!
ReplyDeleteGroete,
Nancy Boshoff - Oos Londen
Wil graag die hoek tot hoek komber se patroon print hoe doen ek dit?
ReplyDeleteKlik op die foto van die Hoek tot Hoek kombers en dit sal jou deurneem na die patroon. "Scroll" af tot heelonder aan die 'post'. Daar is 'n groen blokkie wat lees "print friendly" Klik daarop en print. :)
DeleteHi Monica -dankie vir die goeie fotos dit help my vreeslik baie. Ek hekel al jare maar kan glad nie 'n geskrewe patroon lees nie. Ek gebruik of 'n diagram of hekel van die fotos af. hahah. Ek moet aan die hekel kom, jy het sulke mooi patrone.
ReplyDeleteDankie vir die boodskappie Rene. Lekker hekel!
DeleteHi Monica - baie oulike website. Ek hekel al vandat ek 10jr is en is nou middel 50's... 'n Engelse vriendin van my ma het my en my sussie ons 1ste poncho's leer hekel. My ouma het my al die steke geleer, en ook moeilikes, nl. die Solomon's knot. Ek het darem ookal 'n krokodil handsak gehekel, wat pragtig uitgekom het en het dit uitgevoer met material. Ek wens ek het meer tyd gehad om al jou patrone te hekel. Groete Belinda vd Merwe
ReplyDeleteDankie vir die besoekie en boodskap Belinda. Tyd is 'n groot probleem. Te veel wat mens wil doen maar net te min ure vir alles. Ek weet wat jy bedoel. :)
DeleteJou patrone is so pragtig en baie duidelik. Dankie
ReplyDeleteJou patrone is so pragtig en baie duidelik. Dankie
ReplyDeleteDankie vir die boodskappie Erika. :)
Delete