Leer Hekel
Die Beginknoop
Kettingsteek [Afkorting = ks]
Hierdie is 'n kettingsteek strook. Verwys hierna wanneer steke gewerk word.
Die kortbeen is die kortste steek en die eerste steek word dus in die 2e kettingsteek vanaf pen gemaak, gemerk met 'n 8.
Die halwe langbeen is effens langer en word in die 3e ks vanaf pen gemaak, gemerk met 'n 7.
Die langbeen is nog langer en word in die 4e ks vanaf pen gemaak, gemerk met 'n 6.
Kortbeen [Afkorting = kb]
Halwe Langbeen [Afkorting = hlb]
Vir diegene wat swaar lees bo-oor die foto bo lees asseblief hier:
Halwe langbeen stap 1:
Slaan draad om pen en steek hekelpen in die derde kettingsteek vanaf pen.
Wanneer jy in 'n hekelpatroon 'n halwe langbeen moet maak sal jy die hekelpen in die verlangde steek soos aangedui in patroon is steek maar omdat jy nou met 'n kettingsteek strook werk word dit in die derde kettingsteek gedoen in die begin.
Slaan draad weer oor pen en trek draad deur steek. [3 lusse op pen]
Slaan draad weer om pen en trek deur al 3 lusse. [1lus bly oor]
Dit voltooi die halwe langbeen.
Langbeen [Afkorting = lb]
Dubbelslag langbeen [Afkorting = dslb]
Haak draad en trek deur kettingsteek. [4 lusse op pen]
'n Dubbelslag langbeen is langer as 'n langbeen
Drieslag langbeen [Afkorting = Drieslaglb]
Die drieslag langbeen word presies soos die dubbelslag langbeen gemaak met slegs een verskil. Die draad word 3 keer om die pen geslaan voordat daar in die steek gewerk word. Lusse word altyd twee-twee afgewerk.
Opsomming van die steke wat in die boonste afdeling behandel is.
In die foto onder kan gesien word hoe die verskillende steke vertoon. Merk dat die kortbeen die kortste steek is en die drieslag die langste. Aan die regterkant van elke ry op die foto is die aantal kettingsteke wat as plaasvervanger gebruik word aan die begin van elke nuwe ry vir daardie spesifieke steek.
Waar presies word hekelpen deurgesteek? Lees meer hier.
Hoe word 2 langbene saam afgewerk of ook genoem saam afgeheg?
In die foto links is daar begin met 'n kettingsteek ring. Nadat die ring geheg is is daar 3 kettingsteke gewerk en daarna 1 langbeen met 2 kettingsteke na die langbeen.
Nou gaan daar begin word om 2 langbene saam af te werk. Gaan soos volg te werk.
Slaan draad om pen,steek pen van voor deur ring, slaan draad om pen en trek draad deur ring. [3 lusse op pen] Slaan draad om pen en werk deur 2 lusse [daar is 2 lusse oor op pen]
Slaan draad weer om pen en steek pen deur ring, haak die draad en trek deur ring [daar is nou 4 lusse op pen]; slaan draad om pen en werk deur 2 lusse [daar is nou 3 lusse oor op pen]
Slaan draad nou om pen en trek deur al 3 die oorblywende lusse.
Dit voltooi 2 saamafgehegte langbene.
Die Pofsteek
Krokodilsteek
Springmielie Steek
Die 'V' Steek
Die Krapsteek
"Broomstick" Steek
Meer steke asook verskillende steek kombinasies sal mettertyd opgelaai word en sal op Facebook aangekondig word.
Lekker hekel!
Hi daar
ReplyDeleteSe my as mens fillt hekelwerk doen, hoe maak mens n trossie steek?
Asb en dankie
Hi Anonymous. Stuur asseblief jou epos adres aan deur jou besonderhede in te vul op die 'kontak my' vorm sodat ek vir jou meer informasie hieroor kan stuur. Moet asseblief nie jou adres hier los nie maar stuur dit privaat deur na my.
DeleteDankie
Monica :)
Hi Monica, dis 'n wonderlike site en propvol idees, baie dankie! My ma het altyd gehekel of gebrei, sy het my geleer maar ek is so bly ek kon die gedeelte van die hekelsteke kry, was nooit seker oor hoe om die steke te maak nie.
ReplyDeleteBaie dankie,
Ronelle
Dankie vir die boodskap Ronelle. Bly ek kon help. :)
ReplyDeleteMore Monica.Eks baie dankbaar vir jou blad.Dis propvol heerlike idees! Ek het myself leer hekel so ek is nie aldag seker of dit wat ek doen reg is nie, en hier het al bitter baie geleer. Baie dankie, hou asb aan om te doen wat jy doen! Groete, Hanelie
ReplyDeleteHi monica. Is dit moontlik as ek vir jou my e pos gee laat jy vir my iets kan stuur om te leer hekel. Ek wil so graag leer hekel. Wil graag self ietsie hekel vir baba wat kom ek vrek oor gehekelde goedjies. Baie dankie
ReplyDeleteHi Anonymous,
DeleteEk stel voor jy begin met die Granny Square of Oumablokkie wat hier op my blog met duidelike aanwysings uiteengesit is. Indien jy met enige iets sukkel is jy welkom om my te kontak deur jou epos adres te stuur. Besoek die "Kontak My" heel bo by die menu en doen dit daar. Groete, Monica :)
Kan iemand my dalk help asb, wat is 'n kruipsteek?
ReplyDeleteHi,
ReplyDeleteHoe vermeerder ek?
Daar word vermeerder deur 2 steke in dieselfde steek te werk.
DeleteHoop dit help. :)
Baie dankie vir jou hekelidees in Afrikaans. Ek is net so verslaaf aan hekel en soek gedurig na mooi patrone en idees.
ReplyDeleteUitstekende instruksies!! Maklik om te volg!
ReplyDeleteBaie dankie, moes gou kyk hoe kortbeen gebeur en kan nou hopelik afrikaanse patroon baasraak met jou maklike instruksies. Groete
ReplyDeleteMonica net een word jy is AWESOME, baie dankie vir hierdie page van jou.
ReplyDeleteHoe maak n mens n vierslagsteek in hekel? Dankie
ReplyDeleteHi M, Presies soos die drieslag maar die draad word 4 keer om die hekelpen geslaan. Die stappe is verder presies dieselfde. Die enigste verskil is daar is 'n ekstra draad wat afgewerk moet word wat beteken die vierslag is nog langer as die drieslag. Hoop dit help M.
Delete